• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Health Sciences
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Health Sciences
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die verpleegkundige se belewenis van die sterwensproses van die terminale VIGS pasiënt

    Thumbnail
    View/Open
    Bester_P..pdf (5.873Mb)
    Date
    2001
    Author
    Bester, Petra (Supervisor)
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die toename van MIV/VIGS wek internasionale asook nasionale kommer. Volgens die Wereldgesondheidsorgorganisasie (WGO) is 5,8 miljoen kinders en volwassenes wereldwyd MIV-positief. In Suid-Afrika, wat die snelstygendste MIV-besmettingskoers ter wereld toon, is anti-VIGS-veldtogte 'n nasionale beleid. Alhoewel MIV/VIGS nieaanmeldbare toestande is, dui statistieke op die pandemiese aard daarvan. Die toename in MIV-besmetting en VIGS lei weens opportunistiese infeksies en sekondere komplikasies, tot 'n toename in hospitalisasie en dood wat die gesondheidsorgdiensleweringstelsel kan oorlaai. Die verpleegkundige werksaam in hospitale, word meer as ander lede van die multidissiplinere span aan die toename in hospitalisasie en sterwensproses van MIVpositiewe en VIGS pasiente blootgestel. Hierdie blootstelling be"invloed die verpleegkundige persoonlik. Verder is hierdie blootstelling vir die verpleegkundige onvermydelik, aangesien sy haarself deur die diensgelofte vir verpleegkundiges tot die instandhouding van lewe, bevordering van gesondheid en verligting van lyding verbind. Verskeie faktore verbonde aan die aard van MIV/VIGS blyk toenemend meer emosionele ongemak by die verpleegkundige te aktiveer. Daar bestaan minimale ondersteuning vir die verpleegkundige wat deur 'n moeilike fase in haar konfrontasie met VIGS beweeg. Die navorser is van mening dat studente onder haar begeleiding asook kollegas wat toenemend meer sterwende VIGS pasiente verpleeg, vra na meer effektiewe hant<~ring van hierdie belewenisse. Die doel van hierdie navorsing was om deur middel van 'n kwalitatiewe navorsingsontwerp die verpleegkundige se belewenis van die sterwensproses van terminale VIGS pasiente te verken en te beskryf. Kennis van die verpleegkundige se belewenis van die sterwensproses van die terminale VIGS pasient kan lei tot die formulering van riglyne om die verpleegkundige te fasiliteer om die blootstelling aan die sterwensproses van die terminale VIGS pasient meer effektief te hanteer. 'n Nie-waarskynlike, doelgerigte, vrywillige steekproef is aan die hand van insluitingskriteria uitgevoer. Die fenomenologiese wyse van ongestruktureerde onderhoudvoering is vir die proses van data-insameling gebruik totdat dataversadiging bereik is. Die deelnemers was geregistreerde verpleegkundiges werksaam in drie provinsiale hospitale in die Noordwesprovinsie en het terminale VIGS pasiente vir langer as een jaar verpleeg. Veldnota's is na elke onderhoud geneem. Onderhoude wat op audiobande opgeneem is, is tesame met 'n onafhanklike mede-kodeerder geanaliseer en twee konsensusgesprekke het gevolg. Ses hoofkategoriee het uit die navorsingsresultate gekristaliseer wat aan die hand van 'n literatuurkontrole bespreek is. Unieke resultate is uitgewys, resultate in ooreenstemming met die literatuur is ge"identifiseer asook inligting in die literatuur wat nie in die navorsing gefigureer het nie. Die verpleegkundige beleef dat die tempo van die sterwensproses deur verskeie faktore be"invloed word. Kontrasterende belewenisse met betrekking tot die mediese behandeling het navore getree. Die verpleegkundige beleef dat die terminale VIGS pasient spesifieke optredes en behoeftes gedurende die sterwensproses openbaar. Verskeie emosionele belewenisse by die verpleegkundige het die impak van die sterwensproses ge"illustreer. Die verpleegkundige se waarde-oordele ten opsigte van die pasient, sy familie, mediese behandeling en die verpleegkundige se optrede het as laaste hoofkategorie gekristalliseer. Aanbevelings is ten opsigte van die verpleegnavorsing, -onderwys en -praktyk geformuleer. Ten opsigte van die verpleegpraktyk is aanbevelings tot die uitklaring van lewe en dood, die psigologiese verwerking van die sterwensproses, uitgebreide hanteringsmeganismes en vaardighede in sterwensbegeleiding asook vaardighede vir die hantering van spesifieke temas by die sterwensproses soos byvoor,beeld die familie, mediese behandeling en etiese vraagstukke vanuit die gevolgtrekkings geformuleer.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/31978
    Collections
    • Health Sciences [2073]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV