Show simple item record

dc.contributor.authorDu Pisani, Jacobus Adriaan
dc.contributor.authorBlignaut, Charlen_US
dc.date.accessioned2010-08-04T15:31:58Z
dc.date.available2010-08-04T15:31:58Z
dc.date.issued2009en_US
dc.identifier.citationBlignaut, C. & Du Pisani, J. 2009. "Om die fakkel verder te dra": Die rol van die jeugvleuel van die Ossewa-Brandwag, 1939-1952. Historia, 54(2):133-157, Nov. [http://content.ajarchive.org/cdm4/index_0018229X.php?CISOROOT=/0018229X] [http://www.journals.co.za/ej/ejour_hist.html]en_US
dc.identifier.issn0018-229X
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/3158
dc.identifier.urihttp://journals.co.za/content/hist/54/2/EJC38369
dc.description.abstractDie Ossewa-Brandwag (OB) was die grootste van 'n aantal nasionalisties-politiese bewegings wat onder Afrikaners in Suid-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlogtydperk bestaan het, en wat na nasionaal-sosialisme geneig het. Hierdie artikel handel oor die rol van die OB se jeugvleuel, wat aanvanklik as die Jeugfront, en later as die Boerejeug bekendgestaan het. Die oorsprong, stigting, doelstellings, organisasie en aktiwiteite daarvan word in meer besonderhede bespreek. Alles was gerig op volksdiens in belang van die Afrikanervolk. Van die middel van die 1940's af, het die Nasionale Party (toe bekend as die Herenigde Nasionale Party) die politieke steun van al meer Afrikanernasionaliste verkry, ten koste van die OB. In 1948 het dié party die parlementêre verkiesing gewen en die nuwe regering geword. Aangesien die OB sy bestaansrede verloor het, is dit (insluitend die jeugvleuel) in 1952 ontbind. Gedurende die kort bestaan van die Boerejeug, het dit, ten spyte van goeie leierskap en deeglike organisasie, nooit daarin geslaag om sy ideale op groot skaal te verwesenlik nie, aangesien veranderende omstandighede dit nie toegelaat het om die populêre volksbeweging te word wat dit gestig is om te wees nie. Daardie eer het die Nasionale Party en sy geaffilieerde organisasies te beurt geval. Die nalatenskap van die OB en sy jeugvleuel, veral die republikeinse ideaal, het egter bly voortbestaan in die ideale van die Nasionale Party en het versmelt in die breë stroom van seëvierende Afrikanernasionalisme.
dc.languageAfrikaans
dc.publisherHistorical Association of South Africa
dc.title"Om die fakkel verder te dra": Die rol van die jeugvleuel van die Ossewa-Brandwag, 1939-1952en_US
dc.contributor.researchID10187987 - Du Pisani, Jacobus Adriaan
dc.contributor.researchID20312814 - Blignaut, Charl


Files in this item

FilesSizeFormatView

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record