• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    "Om die fakkel verder te dra": Die rol van die jeugvleuel van die Ossewa-Brandwag, 1939-1952

    Thumbnail
    Date
    2009
    Author
    Du Pisani, Jacobus Adriaan
    Blignaut, Charl
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die Ossewa-Brandwag (OB) was die grootste van 'n aantal nasionalisties-politiese bewegings wat onder Afrikaners in Suid-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlogtydperk bestaan het, en wat na nasionaal-sosialisme geneig het. Hierdie artikel handel oor die rol van die OB se jeugvleuel, wat aanvanklik as die Jeugfront, en later as die Boerejeug bekendgestaan het. Die oorsprong, stigting, doelstellings, organisasie en aktiwiteite daarvan word in meer besonderhede bespreek. Alles was gerig op volksdiens in belang van die Afrikanervolk. Van die middel van die 1940's af, het die Nasionale Party (toe bekend as die Herenigde Nasionale Party) die politieke steun van al meer Afrikanernasionaliste verkry, ten koste van die OB. In 1948 het dié party die parlementêre verkiesing gewen en die nuwe regering geword. Aangesien die OB sy bestaansrede verloor het, is dit (insluitend die jeugvleuel) in 1952 ontbind. Gedurende die kort bestaan van die Boerejeug, het dit, ten spyte van goeie leierskap en deeglike organisasie, nooit daarin geslaag om sy ideale op groot skaal te verwesenlik nie, aangesien veranderende omstandighede dit nie toegelaat het om die populêre volksbeweging te word wat dit gestig is om te wees nie. Daardie eer het die Nasionale Party en sy geaffilieerde organisasies te beurt geval. Die nalatenskap van die OB en sy jeugvleuel, veral die republikeinse ideaal, het egter bly voortbestaan in die ideale van die Nasionale Party en het versmelt in die breë stroom van seëvierende Afrikanernasionalisme.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/3158
    http://journals.co.za/content/hist/54/2/EJC38369
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV