Show simple item record

dc.contributor.advisorRathbone, L.
dc.contributor.authorGey van Pittius, M.
dc.date.accessioned2018-10-30T13:15:20Z
dc.date.available2018-10-30T13:15:20Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0003-2497-7230
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/31583
dc.descriptionMA (Art History), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractHierdie verhandeling is'n intertekstuele studie waar die kunsteoretiese interpretasie aan die hand van ‘n sekere narratologiese aspekte ondersoek word. ‘n Narratief kan beskryf word as'n storie of verhaal met karakters. In hierdie konteks is'n narratiewe identiteit volgens die skrywe van Ricoeur (2006) die wyse waarop'n individu haarself in die wêreld plaas deur stories oor te vertel. Die meerderheid van hierdie stories word deur narratiewe herinneringe soos deur Halbwachs (1992,1980) uiteengesit gevorm. Narratiewe herinneringe is hierdeur aan'n individu se persoonlike ervarings verbind waaruit die narratiewe identiteit dan gevorm word. Nandipha Mntambo en Mary Sibande is albei swart, Suid-Afrikaanse vrouekunstenaars wat in die konseptualisering van hul werk deur hul narratiewe herinneringe beïnvloed word. Verder word albei kunstenaars se narratiewe identiteit vanaf hul persoonlike narratiewe herinneringe gevorm. Die kunstenaars se narratiewe identiteit is gesetel in die verskeidenheid van mediums en karakters wat die narratiewe uitbeeld. Die gaping wat in hierdie studie ondersoek word, word gedoen deur'n vergelykende studie tussen Mntambo en Sibande om die ontwikkeling van albei se narratiewe identiteite te ondersoek. Die ondersoek word gerig deur paratekste, narratiewe herinneringe en narratiewe identiteit as teoretiese begronding. Hiervolgens word die metodologiese benadering toegepas waarna die bevindinge van die studie uiteengesit word. Daar is bevind dat waar Mntambo se narratiewe identiteit en temas in haar werke geïtereer word, en omdat sy'n wye verskeidenheid van mediums gebruik om haar narratiewe in uit te druk, daar ontwikkeling plaasvind in haar oeuvre en identiteit deur die metamorfose van'n relatief groepsgebonde identiteit na'n sterker persoonlike narratiewe identiteit.Verder het ek bevind dat Sibande en haar alter-ego Sophie se narratiewe identiteit deur die kunstenaar se narratiewe herinneringe gedryf word waarna'n nuwe narratiewe identiteit vir beide die kunstenaar en haar alter-ego ontwikkel wat toenemend sterker gedryf word deur die daarstel van'n groeiende sin vir agentskap en emansipasie.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectMary Sibandeen_US
dc.subjectNandipha Mntamboen_US
dc.subjectNarratiewe herinneringeen_US
dc.subjectNarratiewe identiteiten_US
dc.subjectParateksen_US
dc.subjectA Reversed Retrogress (Scene I)en_US
dc.subjectTitfunti emkhatsini wetfu (The shadows between us)en_US
dc.titleNarratiewe identiteit en -herinneringe as paratekste in gekose werke deur Mary Sibande en Nandipha Mntamboen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID10216561 - Rathbone, Louisemarie (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record