Show simple item record

dc.contributor.advisorLoubser, A., Dr
dc.contributor.advisorVan Vollenhoven, W., Prof
dc.contributor.authorTaylor, B.
dc.date.accessioned2018-10-19T08:22:52Z
dc.date.available2018-10-19T08:22:52Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-8600-8593
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/31459
dc.descriptionMEd (Learner Support), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstract'n Groot studentetal verwerf jaarliks 'n kwalifikasie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) deur middel van afstandsleer. Afstandsleerstudente aan die NWU is regoor Suid-Afrika en Namibië verspreid. Die NWU ondersteun afstandsleerstudente deur hulle toegang te bied tot leerondersteuningsentrums waar dié studente interaktiewe witbordsessies (IWB) kan bywoon asook rekenaar- en gratis internettoegang het. Baccalaureus Educationis (BEd) Grondslagfase-afstandsleerstudente kry voorts ook tegnologiese ondersteuning by die leerondersteuningsentrums waar opgeleide Grondslagfase-fasiliteerders teenwoordig is. Die elektroniese platform eFundi word gebruik om alle studiemateriaal en -inligting elektronies aan die studente beskikbaar te stel. Studente kan ook hierdie platform gebruik om opdragte elektronies in te dien en opnames van IWB-sessies te besigtig wat ná afloop van sodanige regstreekse sessies op die internet gelaai word. 'n Literatuurstudie is eers onderneem om tendense in afstandsleer te ondersoek soos dit op internasionale sowel as nasionale vlak ervaar word. Daar is spesifiek gefokus op die uitdagings en voordele wat sowel internasionaal as nasionaal deur afstandsleerstudente tydens die voltooiing van hulle kwalifikasie ervaar word. Literatuur het aangedui dat administratiewe en akademiese ondersteuning noodsaaklik is om die uitdagings wat met afstandsleer verband hou, te beperk. Hierdie studie het ten doel gehad om ondersoek in te stel na studente se ervaring van afstandsleer in die BEd Grondslagfase-graad aan die NWU. Daar is voorts drie sekondêre navorsingsdoelwitte gestel, naamlik: • om vas te stel wat studente se ervaring is van afstandsleer in die BEd Grondslagfase-graad ten opsigte van administratiewe ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit (NWU); • om vas te stel wat studente se ervaring is van afstandsleer in die BEd Grondslagfase-graad ten opsigte van akademiese ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit (NWU); • om vas te stel wat studente se ervaring is van afstandsleer in die BEd Grondslagfase-graad ten opsigte van elektroniese ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Ten einde bovermelde navorsingsdoelwitte te bereik, is 'n empiriese ondersoek onderneem. 'n Kwalitatiewe benadering is in dié empiriese studie gevolg. Deelnemers is deur middel van doelgerigte ewekansige steekproefneming geselekteer. Data is ingesamel deur middel van elektroniese vraelyste bestaande uit oop-eind-vrae. Die elektroniese vraelys (in Afrikaans en Engels) is vergesel van 'n begeleidende brief om die doel van dié studie en vraelys aan die deelnemers te verduidelik. Die elektroniese vraelys het uit twee afdelings bestaan: Afdeling A (Biografiese gegewens om die deelnemersprofiel beter te verstaan); en Afdeling B (Inligting betreffende studente se ervaring van afstandsleer in die BEd Grondslagfase-graad aan die NWU). Die vraelys is op Google Forms saamgestel en op eFundi gelaai waar die deelnemers die vraelys kon voltooi deur vrywillig op 'n skakel te kliek. Aangesien terugvoer anoniem was, het die studentedeelnemers die geleentheid gehad om openlik oor hulle ervaring van die BEd-afstandsleerprogram te reflekteer. Die terugontvangde vraelyste is deur middel van Atlas.ti™ geanaliseer. Koderingswoorde is geformuleer om ooreenstemmende eenhede of segmente in die transkripsies te identifiseer. Bevindinge het getoon dat afstandsleerstudente aan dié navorsing uitdagings asook voordele ervaar het ten opsigte van die voltooiing van hulle kwalifikasie. Bevindinge van hierdie studie strook ook met relevante literatuur in die veld. Na aanleiding van die bevindinge wat vanuit hierdie kwalitatiewe ondersoek gespruit het, is aanbevelings gemaak oor die verbetering van studente se ervaring van afstandsleer. Hierdie aanbevelings kan deur die NWU oorweeg word ten einde die ervaring van voornemende afstandsleerstudente te verbeter en effektiewe dienslewering te verseker sodat dié studente hulle studies suksesvol kan voltooi.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectErvaringen_US
dc.subjectafstandsonderrigen_US
dc.subjectoop afstandsleeren_US
dc.subjectBaccalaureus Educationis (BEd)en_US
dc.subjectGrondslagfaseen_US
dc.subjectGrondslagfase-studenten_US
dc.subjectNoordwes-Universiteit (NWU)en_US
dc.subjectEenheid vir Oopafstandsleer (EOAL)en_US
dc.subjectleerondersteuningsentrumen_US
dc.subjectfasiliteerderen_US
dc.subjectelektroniese leeren_US
dc.subjectuitdagings tot leeren_US
dc.titleStudente se ervaring van afstandsleer in die Baccalaureus Educationis Grondslagfase-graaden_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID12942685 - Loubser, Annemarie (Supervisor)
dc.contributor.researchID20739109 - Van Vollenhoven, Willem Johannes (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record