• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die aanwending van gevallestudies om Graad 10-Lewenswetenskappe-leerders se selfgerigte leervermoëns te bevorder

    Thumbnail
    View/Open
    Venter, J 21757445 .pdf (2.602Mb)
    Date
    2018
    Author
    Venter, J.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    In die huidige kennis- en inligtingsgedrewe samelewing is dit belangrik vir leerders om op skoolvlak reeds selfgerig te kan leer sodat hulle op hoogte kan bly met die snelle toename van kennis en inligting. Skoolleerders moet aan onderrigleermetodes blootgestel word wat hulle selfgerigte leervermoëns bevorder. Hierdie studie het ten doel om te bepaal of gevallestudies as 'n metode van hibridies probleemgebaseerde leer Graad 10-Lewenswetenskappe-leerders se selfgerigte leervermoëns bevorder. Ten einde die navorsingsdoelwit van die studie te bereik is 'n kwantitatiewe navorsingsontwerp gebruik. In die kwasi-eksperimentele studie is drie skole in die Tshwane-Suid Distrik in Gauteng gebruik. Twee van die skole was deel van die eksperimentele groep (vyf klasse en drie onderwysers in die een skool en drie klasse met drie onderwysers in die ander skool), die ander skool het deel gevorm van die kontrolegroep (twee klasse met twee onderwysers). Aan die begin van die studie het beide die eksperimentele en kontrolegroep die Selfgerigte leervermoëns-instrument (SGL-instrument) van Cheng et al. (2010) as voortoets voltooi. Gedurende die intervensie (ses weke) is gevallestudies as onderrigleermetode in die klasse van die eksperimentele groepe aangewend. Die kontrolegroepe se onderwysers het voortgegaan met tradisionele onderrigmetodes. Na afloop van die intervensietydperk het beide die eksperimentele en kontrolegroepe die SGL-instrument voltooi as natoets. Die eksperimentele groepe het ook 'n selfgekonstrueerde gevallestudie-vraelys voltooi om hulle ervaring van gevallestudies as onderrigleermetode te bepaal. Die resultate voortspruitend uit die ondersoek toon duidelike bewyse dat gevallestudies Graad 10-Lewenswetenskappe-leerders se persepsies van selfgerigte leervermoëns bevorder het en dat die hulle die gevallestudies tydens die onderrigleergeleentheid positief ervaar het.
    URI
    https://orcid.org/0000-0001-5213-8755
    http://hdl.handle.net/10394/30864
    Collections
    • Education [1604]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV