Show simple item record

dc.contributor.advisorDe Beer, J.J.J., Prof
dc.contributor.advisorGolightly, A., Prof
dc.contributor.authorDe Villiers, L.
dc.date.accessioned2018-08-30T13:49:32Z
dc.date.available2018-08-30T13:49:32Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-3980-3033
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/30848
dc.descriptionMEd (Education Sciences), North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractLeerders kom die Lewenswetenskappe-klaskamer met inheemse kennis binne en 'n oorsteking van kulturele grense is noodsaaklik om 'n teenstrydigheid tussen huis- en skoolrealiteite te beperk. Probleemgebaseerde leer is uiters gepas vir die integrering van inheemse kennis met klaskameraktiwiteite gebaseer op die beginsels van die aard van natuurwetenskap. Die rede vir die noodsaaklikheid van 'n sterker fokus op klaskameraktiwiteite is gesetel in konstruktivistiese leerbeginsels (soos probleemgebaseerde leer) is 'n sterker fokus op selfgerigte leer. Onderwysers beskik oor die algemeen nie oor die pedagogiese inhoudskennis om inheemse kennis met die inhoud van die Lewenswetenskappe-kurrikulum te vervleg nie. Die doel van hierdie studie was die ontwikkeling van onderwysers se pedagogiese inhoudskennis ten opsigte van die aanwending van probleemgebaseerde leer (spesifiek hibridies probleemgebaseerde leer) en die onderrig van inheemse kennis ten einde hul te bemagtig om selfgerigte leerprosesse in hul klaskamers te bestuur. Dit is gedoen binne die projek The affordances of indigenous knowledge for self-directed learning wat 'n drie-dae kortkursus (die inheemse kennis-intervensie) behels het waartydens gefokus is op die professionele ontwikkeling van onderwysers. Hierdie studie fokus op data ingesamel tydens twee intervensies - een by die Turfloopkampus van die Universiteit van Limpopo en een by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Vir die doel van hierdie studie het die navorser 'n kwalitatiewe gevallestudie-navorsingsontwerp te gebruik met vervlegde elemente van fenomenologie. Daar is gebruik gemaak van vier deelnemergroepe (bestaande uit onderwysers wat die kortkursus bygewoon het) en data is ingesamel deur gebruik te maak van vraelyste, klaswaarnemings, individuele onderhoude, artefakte en die navorser se joernaal. 'n Tematiese analise is gebruik as data-analiseringsmetode vir hierdie studie. Daar is bevind dat die deelnemende onderwysers se kennis, pedagogiese kennis en pedagogiese inhoudskennis beperk was voor die inheemse kennis-intervensie en dat die inheemse kennis-intervensie geslaag het in die ontwikkeling daarvan. Verder het die inheemse kennis-intervensie daarin geslaag om die deelnemende onderwysers se vaardighede en gesindhede met betrekking tot die onderrig van inheemse kennis, die aanwending van probleemgebaseerde leer en die bestuur van selfgerigte leerprosesse, positief te beïnvloed. Bykomende ondersteuning is egter nodig ten einde 'n meer toereikende ontwikkeling van deelnemende onderwysers se kennis, vaardighede en gesindhede te verseker. Verskeie faktore is verder geïdentifiseer wat die onderrig van inheemse kennis en die aanwending van probleemgebaseerde leer bevorder en verhinder.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectProbleemgebaseerde leeren_US
dc.subjectinheemse kennisen_US
dc.subjectselfgerigte leeren_US
dc.subjectKHATen_US
dc.subjectsosio-konstruktivismeen_US
dc.subjectpedagogiese inhoudskennisen_US
dc.subjectintervensieen_US
dc.subjectbeliggaamdeen_US
dc.subjectgesitueerdeen_US
dc.subjectverspreide kognisieen_US
dc.subjectoorsteking van kulturele grenseen_US
dc.titleDie aanwending van probleemgebaseerde leer tydens 'n inheemse kennis-intervensie ter bemagtiging van Lewenswetenskappe-onderwysers in die bestuur van selfgerigte leerprosesseen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID22024042 - De Beer, Josef Johannes Jacobus (Supervisor)
dc.contributor.researchID10076158 - Golightly, Aubrey (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record