• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die aanwending van probleemgebaseerde leer tydens 'n inheemse kennis-intervensie ter bemagtiging van Lewenswetenskappe-onderwysers in die bestuur van selfgerigte leerprosesse

    Thumbnail
    View/Open
    De Villiers, L 22783652 .pdf (5.673Mb)
    Date
    2018
    Author
    De Villiers, L.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Leerders kom die Lewenswetenskappe-klaskamer met inheemse kennis binne en 'n oorsteking van kulturele grense is noodsaaklik om 'n teenstrydigheid tussen huis- en skoolrealiteite te beperk. Probleemgebaseerde leer is uiters gepas vir die integrering van inheemse kennis met klaskameraktiwiteite gebaseer op die beginsels van die aard van natuurwetenskap. Die rede vir die noodsaaklikheid van 'n sterker fokus op klaskameraktiwiteite is gesetel in konstruktivistiese leerbeginsels (soos probleemgebaseerde leer) is 'n sterker fokus op selfgerigte leer. Onderwysers beskik oor die algemeen nie oor die pedagogiese inhoudskennis om inheemse kennis met die inhoud van die Lewenswetenskappe-kurrikulum te vervleg nie. Die doel van hierdie studie was die ontwikkeling van onderwysers se pedagogiese inhoudskennis ten opsigte van die aanwending van probleemgebaseerde leer (spesifiek hibridies probleemgebaseerde leer) en die onderrig van inheemse kennis ten einde hul te bemagtig om selfgerigte leerprosesse in hul klaskamers te bestuur. Dit is gedoen binne die projek The affordances of indigenous knowledge for self-directed learning wat 'n drie-dae kortkursus (die inheemse kennis-intervensie) behels het waartydens gefokus is op die professionele ontwikkeling van onderwysers. Hierdie studie fokus op data ingesamel tydens twee intervensies - een by die Turfloopkampus van die Universiteit van Limpopo en een by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Vir die doel van hierdie studie het die navorser 'n kwalitatiewe gevallestudie-navorsingsontwerp te gebruik met vervlegde elemente van fenomenologie. Daar is gebruik gemaak van vier deelnemergroepe (bestaande uit onderwysers wat die kortkursus bygewoon het) en data is ingesamel deur gebruik te maak van vraelyste, klaswaarnemings, individuele onderhoude, artefakte en die navorser se joernaal. 'n Tematiese analise is gebruik as data-analiseringsmetode vir hierdie studie. Daar is bevind dat die deelnemende onderwysers se kennis, pedagogiese kennis en pedagogiese inhoudskennis beperk was voor die inheemse kennis-intervensie en dat die inheemse kennis-intervensie geslaag het in die ontwikkeling daarvan. Verder het die inheemse kennis-intervensie daarin geslaag om die deelnemende onderwysers se vaardighede en gesindhede met betrekking tot die onderrig van inheemse kennis, die aanwending van probleemgebaseerde leer en die bestuur van selfgerigte leerprosesse, positief te beïnvloed. Bykomende ondersteuning is egter nodig ten einde 'n meer toereikende ontwikkeling van deelnemende onderwysers se kennis, vaardighede en gesindhede te verseker. Verskeie faktore is verder geïdentifiseer wat die onderrig van inheemse kennis en die aanwending van probleemgebaseerde leer bevorder en verhinder.
    URI
    https://orcid.org/0000-0002-3980-3033
    http://hdl.handle.net/10394/30848
    Collections
    • Education [1604]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV