Show simple item record

dc.contributor.advisorZaaiman, S.J.
dc.contributor.authorHeydenrych, P.W.
dc.date.accessioned2018-08-29T13:49:38Z
dc.date.available2018-08-29T13:49:38Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-0216-9622
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/30816
dc.descriptionDPhil (Political Studies), North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractSuid-Afrika is 'n nuwe demokrasie en daarom is die fokus van hierdie studie gerig op die konsolidasie van demokrasie met spesifieke verwysing na die plaaslike regeringsfeer. In hierdie verband is die kernaspekte wat teoreties en in die toepassing in wisselwerkende verband geanaliseer word: demokrasie met 'n spesifieke fokus op deelnemende demokrasie, plaaslike regering en demokratiese konsolidasie. Hierdie aspekte word oorweeg met spesifieke verwysing na deelname in plaaslike regering en geanaliseer aan die hand van wykskomitees en plaaslike protes. Die vraag wat hierdie studie gevolglik oorweeg is: Watter invloed in verbandhoudende konteks het wykskomitees en protes, as tipes van deelnemende demokrasie in hul bydrae tot die konsolidasie van demokrasie? Uiteindelik: Watter model vir gekonsolideerde demokrasie omvat deelname wat strek van wykskomitees tot protes? Die studie oorweeg in die eerste plek die aard van demokrasie op teoretiese vlak en bespreek die ontwikkelingsgang van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie in die verband. Die gevolgtrekking is dat verteenwoordigende demokrasie te beperkend is en in wisselwerking met deelnemende demokrasie moet tree. Hierdie gevolgtrekking blyk duidelik uit die bespreking van veral deelnemende demokrasie wat op die omvattendheid van die begrip van demokrasie dui en ook voorbrand maak vir 'n meer radikale en kontesterende interpretasie van demokrasie, maar hou ook verband met die Suid-Afrikaanse begrip van demokrasie, soos ook vergestalt in die Grondwet en die interpretasie daarvan. Konsolidasie van demokrasie word geanaliseer aan die hand van die begrip van demokrasie wat in die studie toepassing vind. Dit blyk duidelik dat 'n meer substantiewe begrip van demokratiese konsolidasie geanker in populêre soewereiniteit belangrik is, wat ook deurentyd geskep moet word. Bepaalde aanduiders van konsolidasie blyk ook uit hierdie bespreking. Die toepassing van hierdie begrippe vind plaas in die afweging van wykskomitees as geïnstitusionaliseerde vorme van deelname teenoor plaaslike protes as nie-geïnstitusionaliseerde vorme van deelname in die plaaslike regeringsfeer. Hier blyk dit dat die uitdagings in beide vorme van deelname soortgelyk is en spreek tot die waardes van demokrasie en ook dienslewering, beide verbandhoudend met die tweekantigheid van plaaslike regering soos in hierdie studie verstaan. Beide wykskomitees en plaaslike protes dui ook op 'n kwaliteit van stryd tussen die owerheid en burgery ten einde die Idee en Praktyk van demokrasie bymekaar te bring. Dit word voorgestel dat demokrasie en uiteindelik demokratiese konsolidasie in 'n tussenruimte tussen die Idee en Praktyk deur hierdie rolspelers geskep en betekenis aan gegee moet word. Die studie stel 'n model van hierdie skeppende en strydende demokrasie voor waarin wykskomitees en plaaslike protes in 'n wisselwerkende verhouding met plaaslike regering betekenis gee aan demokrasie en ook die aanduiders van wat konsolidasie sou behels, kan aktualiseer. Gebaseer op die aanduiders in hierdie tussenruimte in die Suid-Afrikaanse toepassing van wykskomitees en plaaslike protes is die vooruitsigte vir konsolidasie positief. Dit word dus voorgestel dat 'n omvattende begrip van demokrasie vereis word vir konsolidasie in plaaslike regering en Suid-Afrika in die algemeen. Die idee van skeppende strydende demokrasie wat in hierdie studie geartikuleer is, omvat 'n begrip van demokrasie wat verby die enkelsydigheid van bloot verteenwoordigende demokrasie of bloot deelnemende demokrasie kyk, ten einde die verwikkeldheid van wat demokrasie in werklikheid is, te artikuleer. Sodoende kan 'n tekortkoming in demokratiese teoretisering aangespreek word.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectDemokrasieen_US
dc.subjectKonsolidasie van demokrasieen_US
dc.subjectVerteenwoordigende demokrasieen_US
dc.subjectDeelnemende demokrasieen_US
dc.subjectDeelnameen_US
dc.subjectPlaaslike regeringen_US
dc.subjectProtesen_US
dc.subjectDiensleweringsprotesen_US
dc.subjectSuid-Afrikaanse politieken_US
dc.subjectGrondweten_US
dc.subjectWykskomiteesen_US
dc.subjectDemocracy
dc.subjectConsolidation of democracy
dc.subjectRepresentative democracy
dc.subjectParticipatory democracy
dc.subjectParticpation
dc.subjectLocal government
dc.subjectProtest
dc.subjectService delivery protest
dc.subjectSouth African politics
dc.subjectConstitution
dc.subjectWard committees
dc.titleDeelname in Plaaslike Regering en Demokratiese Konsolidasie in Suid-Afrika - 'n Analiseen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.contributor.researchID13250612 - Zaaiman, Stephanus Johannes (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record