• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    'n Historiese ontleding van en besinning oor die kunskulturele studenteaktiwiteite aan die PU vir CHO en NWU-PUK, 1980-2014

    Thumbnail
    View/Open
    Gouws HS-10418318.pdf (26.79Mb)
    Date
    2018
    Author
    Gouws, H.S.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die sukses wat daar behaal is met die kunskulturele aktiwiteite van uitvoerende studentegroepe aan die NWU, Potchefstroomkampus en sy voorgangers, is uniek en die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus (NWU-PUK) word as 'n leier op dié gebied beskou. Kunskulturele studenteaktiwiteite was nie net afgestem daarop om die studente die geleentheid te bied om hul talente te ontwikkel nie, maar van die groepe is as bemarkingsinstrumente vir die Universiteit gebruik. Enkele groepe is met hierdie doel gestig, terwyl ander, soos die Alabama Studentegeselskap, mettertyd hiervoor benut is. In 1980 is Horst Bütow aangestel as studenteadviseur: kultuur, met die doel om studentegroepe van advies te bedien met die oog op hul organisasie en te help toere reël. In 1979 is die Hennie Bingle-Studentesentrum in gebruik gestel en Bütow was in beheer van die Ouditorium in dié sentrum. Bütow se kantoor het gou as die Kultuurkantoor begin bekendstaan. Vanaf 1991 tot 2009 was dit die Departement Kultuur totdat dit PUK Kunste geword het. PUK Kunste en sy voorlopers het grootliks 'n ondersteunende rol gespeel om kunskulturele studenteaktiwiteite te bevorder. Kunskulturele studenteaktiwiteite het reeds voor die verskuiwing van die Teologiese Skool en Literariese Departement in 1905 vanaf Burgersdorp na Potchefstroom plaasgevind. In die eerste dekades van die 20ste eeu het dit klein begin met 'n strykorkes en toneelopvoerings om geld in te samel. Toneelopvoerings is in 1926 deur die Amicitia-vereniging aangebied, maar dit het doodgeloop. Die eerste studentetoer is in 1929 onderneem. Die Thalia Toneelvereniging is in 1955 gestig en het aanvanklik toere onderneem, maar dit is teen 1982 gestaak. Aanvoorwerk vir die speel van volkspele is in 1941 gemaak. Die PU-Volkspelelaer is in 1952 gestig, het jaarliks toere onderneem en het enkele kere pryse gewen tydens die ASB-kunswedstryde. Die laer het in 1991 ontbind. In 1943 is die PUK Alibama-boereorkes gestig, wat jaarliks toere onderneem het met 'n program in die vorm van 'n verskeidenheidskonsert. Vanaf 1961 tot 1966 (1964 uitgesluit) is operettes opgevoer. Johan van Rensburg, musiekleier van die Alabama Studentegeselskap, is aangemoedig om die eerste revuestyl-program te skep. Dié program was uiters gewild en in 1968 is Alabama se eerste langspeelplaat gemaak, gevolg deur jaarlikse plate en later CD's. Van Rensburg is in 1973 opgevolg deur sy broer, Louis Drummond van Rensburg, Jans Jonker (1980-1987) en Pieter de Bruin (1988-2007). Alabama is allerweë beskou as 'n leier op sy gebied en talle “revuegroepe" het aan skole en tersiêre inrigtings ontstaan en produksies aangebied geskoei op die lees van Alabama. Alabama-toere is in 2007 gestaak weens hoë koste en die gebrek aan belangstelling by studente om daaraan deel te neem. Die eerste koor aan die PUK is in 1943 gestig. Nadat dit in 1946 doodgeloop het, is dit in 1955 herstig. Sedert 1971 bestaan die Koor onafgebroke. Vanaf 1976 tot 2011 was die koorleier Awie van Wyk. Sedert 1981 is verskeie oorsese toere onderneem en in 2011 sluit Van Wyk sy verbintenis met die Koor af toe hulle die Praagse Internasionale Kersmusiekkompetisie se afdeling vir kore wen. Van Wyk is opgevolg deur Kobus Venter. Die Serenaders is in 1994 gestig met die doel om Afrika-musiek te bevorder. Sedert 1996 neem hulle aan verskeie koorkompetisies deel en in 2011 was hulle die algehele wenners van die Ou Mutual Nasionale Koorfees, die grootste kompetisie van sy aard in die land. Die sesstemmige Boulevard Harmoniste wat in 1995 gestig is as 'n a capella-ensemble, het verskeie oorsese toere onderneem en het twee keer die Praag Internasionale Kersmusiek-kompetisie se afdeling vir ensembles gewen. Ander kunskulturele groepe wat steeds bestaan is die NWU-PUK Simfonieorkes (1997-), Divaco (2004-) en Disfunctional Beat (2007-). Kunskulturele studentegroepe wat nie meer bestaan nie sluit in die Buzzin' Blaasensemble (1997-2010), die PU-Kaners, later Akustic (1976-1991), die Trompoppies (1976-1997) en Cheerleaders (1999-2008). In samewerking met die Kunsteraad van die Studenteraad het PUK Kunste en sy voorganger talle langtermynprojekte aangepak, soos die Eerstejaarskonsert, Talentfees en Sêrkompetisies. Die effek van dié aktiwiteite het nie net die studentegemeenskap gebaat nie, maar het ook die NWU-PUK plaaslik, nasionaal en internasionaal gevestig as 'n leier op kunskulturele gebied. Sleutelterme: kunskulturele studenteaktiwiteite; kultuur; kunste; toneel; volkspele; revue; koor; simfonieorkes; blaasensemble; bemarkingsinstrument; talentfees; sêr; trompoppies; Afrika-musiek.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/30815
    Collections
    • Humanities [2697]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV