• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Theology
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Theology
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Profesie in die Hebreeuse Bybel, die vroeë Christendom en eietydse Pinksterkerke: 'n vraag oor kontinuïteit en diskontinuïteit

    Thumbnail
    Date
    2017
    Author
    Nel, Marius
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die meeste klassieke Pinksterkerke beskou profesie as 'n charismatiese woord wat aan God toegeskryf word, as voortsetting van die beoefening van profesie in die Hebreeuse Bybel en die vroeë Christelike kerk, selfs al verskil die gesag daarvan skynbaar. Hierdie artikel ondersoek Pinksterkerke se siening van profesie in die lig van Bybelse gegewens en kerklike tradisies. Dit bied 'n breë en kritiese oorsig van die raamwerk van die Pinksterteologiese siening van profesie om te beoordeel of hulle beoefening van profesie in kontinuïteit staan met historiese sieninge daarvan. Die artikel ondersoek die hermeneutiese standpunt van Pinksterkerke dat die Bybel nie bloot aandui wat God voorheen vir mense gedoen het nie, maar ook wat God steeds wil doen. Daarom neem hulle aan dat God steeds deur profete praat en dat profesie dikwels 'n sosiale en godsdienstige kritiek aan die gemeente of individu rig. Aangesien profesie in die verlede bestaande praktyke gekritiseer het en dus 'n bedreiging vir kerklike instellinge ingehou het, word ondersoek hoe kerklike gesagstrukture profesie geleidelik sou uitgeskakel het sodat die geestelike gawes geroetineer is. Die kontinuïteit wat Nuwe-Testamentiese tekste en die vroeë kerk tussen hulle uitlewing van profesie en dié van die Hebreeuse Bybel voorsien het, word deur Pinksterkerke nagevolg. Die beweging wil daarmee 'n doelgerigte genesende gemeenskap wees wat die waardes en beoefening van die vroegste kerk navolg.
    URI
    https://www.litnet.co.za/pasgelaai/
    http://hdl.handle.net/10394/28446
    Collections
    • Faculty of Theology [980]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV