Show simple item record

dc.contributor.authorGreyling, Franci
dc.date.accessioned2018-07-04T09:11:37Z
dc.date.available2018-07-04T09:11:37Z
dc.date.issued2017
dc.identifier.citationGreyling, F. 2017. Plekspesifieke digitale literatuur: samespel en wisselwerking in nuwe kontekste. Litnet Akademies, 14(2):147-189. [https://www.litnet.co.za/plekspesifieke-digitale-literatuur-samespel-en-wisselwerking-nuwe-kontekste/]
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttps://www.litnet.co.za/plekspesifieke-digitale-literatuur-samespel-en-wisselwerking-nuwe-kontekste/
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/28210
dc.description.abstractDie snelveranderende tegnologiese omgewing bied nuwe skeppende en publikasiemoontlikhede vir skrywers en kunstenaars, soos plekspesifieke digitale literatuur, waarin multimodale tekste op 'n spesifieke plek met digitale toestelle beskikbaar gestel word en die konkrete plek deel van die leeservaring word. In hierdie dinamiese omgewing word daar ook opnuut gesoek na benaderings en kritiese taal om die ontwikkelende narratiewe vorme en praktyke te verstaan, dit te beskryf en daaroor te teoretiseer. Ten einde die nuwe skeppende en publikasiemoontlikhede te ondersoek, is 'n interdissiplinêre praktykgebaseerde navorsingsruimte vir die eksperimentering met en verstaan van plekspesifieke digitale literatuur geskep. Byderhand 2015 is as deel van die woordkunsprogram by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees aangebied en is as 'n interaktiewe leesfees bemark. Die vraag wat in hierdie artikel ondersoek word, is hoe die wisselwerking en samespel binne hierdie eksperimentele publikasiesisteem vir plekspesifieke digitale literatuur verstaan en voorgestel kan word, sodat dit van waarde kan wees vir: (i) die konseptualisering en aanbieding van plekspesifieke digitale literatuurprojekte; (ii) die verstaan, beskrywing en ontleding van multimodale plekspesifieke digitale literatuur. Vir hierdie doeleindes is 'n multimodale ensemble vir plekspesifieke literatuur saamgestel, waarin gesteun word op Miller (2011) se sleutelelemente van digitale media, Kress en Van Leeuwen (2003) se multimodale teorie van kommunikasie, en Page (2010) se multimodale ensemble vir narratiewe ontleding. Drie dimensies van die komposisie en orkestrasie word in die voorgestelde multimodale ensemble vir plekspesifieke digitale literatuur onderskei, naamlik: (i) die komponente van plekspesifieke digitale literatuur; (ii) kommunikatiewe praktyke en tegniese prosesse; en (iii) meelewende ervarings.
dc.language.isoother
dc.publisherLitNet
dc.subjectByderhand
dc.subjectmobiele literatuur
dc.subjectmultimodale ensemble
dc.subjectplekspesifieke digitale literatuur
dc.subjectpublikasie
dc.subjectskryfkuns
dc.subjecttegnologie
dc.titlePlekspesifieke digitale literatuur: samespel en wisselwerking in nuwe kontekste
dc.typeArticle
dc.contributor.researchID10271341 - Greyling, Susanna Francina


Files in this item

FilesSizeFormatView

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record