• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Plekspesifieke digitale literatuur: samespel en wisselwerking in nuwe kontekste

    Thumbnail
    Date
    2017
    Author
    Greyling, Franci
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die snelveranderende tegnologiese omgewing bied nuwe skeppende en publikasiemoontlikhede vir skrywers en kunstenaars, soos plekspesifieke digitale literatuur, waarin multimodale tekste op 'n spesifieke plek met digitale toestelle beskikbaar gestel word en die konkrete plek deel van die leeservaring word. In hierdie dinamiese omgewing word daar ook opnuut gesoek na benaderings en kritiese taal om die ontwikkelende narratiewe vorme en praktyke te verstaan, dit te beskryf en daaroor te teoretiseer. Ten einde die nuwe skeppende en publikasiemoontlikhede te ondersoek, is 'n interdissiplinêre praktykgebaseerde navorsingsruimte vir die eksperimentering met en verstaan van plekspesifieke digitale literatuur geskep. Byderhand 2015 is as deel van die woordkunsprogram by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees aangebied en is as 'n interaktiewe leesfees bemark. Die vraag wat in hierdie artikel ondersoek word, is hoe die wisselwerking en samespel binne hierdie eksperimentele publikasiesisteem vir plekspesifieke digitale literatuur verstaan en voorgestel kan word, sodat dit van waarde kan wees vir: (i) die konseptualisering en aanbieding van plekspesifieke digitale literatuurprojekte; (ii) die verstaan, beskrywing en ontleding van multimodale plekspesifieke digitale literatuur. Vir hierdie doeleindes is 'n multimodale ensemble vir plekspesifieke literatuur saamgestel, waarin gesteun word op Miller (2011) se sleutelelemente van digitale media, Kress en Van Leeuwen (2003) se multimodale teorie van kommunikasie, en Page (2010) se multimodale ensemble vir narratiewe ontleding. Drie dimensies van die komposisie en orkestrasie word in die voorgestelde multimodale ensemble vir plekspesifieke digitale literatuur onderskei, naamlik: (i) die komponente van plekspesifieke digitale literatuur; (ii) kommunikatiewe praktyke en tegniese prosesse; en (iii) meelewende ervarings.
    URI
    https://www.litnet.co.za/plekspesifieke-digitale-literatuur-samespel-en-wisselwerking-nuwe-kontekste/
    http://hdl.handle.net/10394/28210
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV