• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Publications
    • Miscellanea
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Publications
    • Miscellanea
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Ferdinand Postma-Biblioteek : sleutels tot die verlede, poorte na die toekoms

    Thumbnail
    View/Open
    Library-Afr.pdf (42.46Mb)
    Date
    2018
    Author
    Larney, Thomas, 1946-
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Voorwoord : Ons vier die hoeksteen van kennis – die Ferdinand Postmabiblioteek. Die Ferdinand Postma-biblioteek op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit vier vanjaar sy sewe-en-sestigste bestaansjaar. Die hoeksteen van die huidige biblioteekgebou is gelê op Saterdag 17 Maart 1951, terwyl die biblioteek op daardie stadium nog in die Ou Hoofgebou geleë was. Hierdie nuwe gebou met al sy uitbreidings en aanbouings oor die jare heen het werklik die hart van die kampus geword. Die Ferdinand Postma-biblioteek was en is steeds vir baie generasies 'n onvergeetlike baken op die kampus - 'n simbool van harde werk, lang ure, leer, navorsing en uiteindelik sukses. Op die vooraand van die 150ste bestaansjaar van die Potchefstroomkampus vier hierdie spesiale herdenkingsuitgawe van die geskiedenis van die Ferdinand Postma-biblioteek sy nederige begin, maar lewer terselfdertyd 'n unieke bydrae tot die mylpale in die geskiedenis van die kampus. Argitektonies gesproke (as die eerste moderne, na-oorlogse gebou van die Universiteit) is dit vandag Argitektonies gesproke (as die eerste moderne, na-oorlogse gebou van die Universiteit) is dit vandag steeds 'n belangrike baken en 'n vertoonstuk van die groei en akademiese ontwikkelingf van die Universiteit. Die Biblioteek het homself uitstekend geposisioneer - nie net om 'n bydrae te lewer tot die inligtingsera nie, maar ook om 'n pionier te wees op die gebied van biblioteek- en inligtingsdienste. Mag hierdie viering van die geskiedenis van die Biblioteek goeie herinneringe terugbring, maar mag dit ook die toekomstige geslagte inspireer om baanbrekers te wees op elke nuwe gebied. Prof Fika Janse van Rensburg Adjunk-visekanselier: Potchefstroomkampus Noordwes-Universiteit Junie 2018
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/28122
    Collections
    • Miscellanea [25]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV