Show simple item record

dc.contributor.advisorLotter, G.A.
dc.contributor.authorMitchell, Marika
dc.date.accessioned2009-01-30T12:36:04Z
dc.date.available2009-01-30T12:36:04Z
dc.date.issued2004
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/279
dc.descriptionThesis (M.A.)--North-West University, Potchefstroom Campus, 2004.
dc.description.abstractHierdie navorsing is gemotiveer deur die verskynsel dat die meeste sekulêre benaderings tot berading nie permanente oplossings en verligting vir emosionele lyers bied nie, maar dat die waarheid (en Bybelse waarheid in die besonder) dikwels verdraai of ontken word. Hierdie verhandeling gaan van die standpunt uit dat geloof 'n onontbeerlike rol vervul in die genesing van destruktiewe emosies, vir emosionele beheer en die algemene welstand van mense. In hierdie verhandeling word voorgestel dat die Skrif voldoende is om antwoorde vir mense se emosionele probleme te bied. Galasiërs 5 word as riglyn gebruik van hoe 'n mens moet lewe om vrugte van die Gees (gesonde emosies) op te lewer. Tweedens word 'n model voorsien vir begrip van die geloofssiklus. Hierdie verhandeling beklemtoon die feit dat geloof in God en kennis van sy Woord onontbeerlik is vir genesing en berading van emosionele lyers. Die beradingsbenadering behels onder andere 'n uitspel van die fundamentele waarhede in die Woord van God en die noodsaaklikheid daarvan om deurlopend op Christus te fokus. Dit word beklemtoon dat Christus die enigste blywende oplossings bied. Ten slotte word in die verhandeling aangedui dat berading oneffektief sal wees sonder die krag van die Heilige Gees in die menslike pogings. Daarom behoort beraders te bid vir die tussentrede van die Heilige Gees en te vertrou op God om die genesing te bewerkstellig. 'n Omvattende studie van al die dimensies van emosies was nie moontlik in hierdie verhandeling nie, as gevolg van die omvang van die onderwerp. Dit was egter wel moontlik om 'n literatuurstudie te doen van die teorieë, oorsprong en kernoorsake van en impak op menslike gedrag en welstand. Die hoofdoel van die verhandeling is om die bestaande kennis oor die onderwerp aan te bied en in die besonder om die rol van geloof in emosies te verduidelik.
dc.publisherNorth-West University
dc.titleThe role of faith in emotions : a pastoral studyen
dc.typeThesisen
dc.description.thesistypeMasters


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record