Die invloed van geslag, ras en sosio-ekonomiese status op visueel-motoriese integrasie van nege- tot 10-jarige leerders: die NW-CHILD studie
Abstract
Visual-motor integration, visual perception and motor coordination skills have strong relationships with academic development and are considered to be some of the basic building blocks for optimal academic success. Pienaar et al. (2013:7) also confirmed a strong relationship between visual-motor integration, visual perception and motor coordination skills and academic success in critical school performance areas, such as mathematics, reading and writing with regard to Grade 1-learners in South Africa. Results from this study also indicated a strong inverse relationship between low socio-economic status (SES), academic performance and visual-motor integration, visual perception and motor coordination skills. Various other studies also confirmed that low SES negatively influences the general and academic development of learners.1 Worldwide an increase is reported in the number of learners growing up in low socio-economic circumstances. With regard to the influence of gender on the relationship between visual-motor integration skills and academic performance, results in the literature are contradictory and range between very small to non-existing.According to the literature few studies furthermore investigated the role of gender on visual perception and motor coordination skills independently. In this regard, the study of Coetzee and Du Plessis (2013:40) involving 816 Grade 1-learners (419 boys and 397 girls in the North West Province, South-Africa), reported no significant gender differences for visual-motor integration, visual perception or motor coordination skills Visueel-motoriese integrasie, visuele persepsie en motoriese koördinasievaardighede toon ʼn sterk verwantskap met akademiese prestasie en sukses. Dié verwantskap lyk of dit leerders met ʼn lae sosio-ekonomiese status (SES), negatief beïnvloed. Die doel van dié studie was om die invloed van geslag, ras en sosio-ekonomiese status op visueel-motoriese integrasie van nege- tot 10-jarige leerders, woonagtig in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika, te bepaal. Leerders in Graad 3 en 4 (n=865; 457 seuns en 408 meisies, 9.9 jaar, sa=0.42), is as deel van die NW-CHILD longitudinale studie met die “The Developmental Tests of Visual-Motor Integration, Fourth Edition (VMI-4)” geëvalueer. Resultate is geanaliseer met “Statistica for Windows” (2014). Onafhanklike t-toetsing het die visueel-motoriese integrasie status vir die groep bepaal, asook per geslags-, ras en SES afsonderlik. Tweerigting frekwensietabelle het leerders in verskillende vaardigheidskategorieë vir visueel-motoriese integrasie, visuele persepsie en motoriese koördinasie geplaas. Resultate van dié studie toon dat leerders (onafhanklik van geslag, ras of SES) hoofsaaklik in die gemiddelde prestasie kategorie vir al drie vaardighede presteer het. Seuns het betekenisvol beter gevaar tydens visueel-motoriese integrasie (p≤0.001; d=0.22) met geen verdere betekenisvolle geslagsverskille nie. Ras het ʼn invloed gehad op visuele persepsie en motoriese koördinasie prestasie (p≤0.001; d=0.29 en p≤0.001; d=0.39), waar die wit leerders betekenisvol beter gevaar het. Lae SES het verder ook ʼn statistiese (p≤0.001) en klein prakties (d≥0.3) betekenisvol negatiewe invloed op al die vaardighede gehad.
Die studie het bevind dat ras en lae SES die grootste negatiewe invloed op leerders se visueel-motoriese integrasie status uitgeoefen het
URI
http://hdl.handle.net/10394/27593https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a10
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000300010
Collections
- Faculty of Health Sciences [2376]