NWU Institutional Repository

Die rol van plaaslike regerings met betrekking tot "Local Agenda 21"

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Marx, Johanna Maria

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University

Abstract

Verskeie redes bestaan vir die vinnige oplewing van die omgewingsreg as 'n nuwe veld in die reg."' Die vooruitgang in omgewingswetenskappe het die aandag gevestig op probleme wat tot dusver geïgnoreer was. Die wêreldwye agteruitgang in terme van omgewingskwaliteit het druk op state uitgeoefen om voorkomende maatreëls in werking te stel. Die afgelope dekade het die omgewing op wêreldwye vlak geweldig agteruit gegaan. Besoedeling van water en lug, verdunning van die stratosferiese osoonlaag uitwissing van reënwoude, uitwissing van sekere fauna en flora spesies en die bevolkingsontploffing is van die faktore wat die aarde benadeel het. Vele konvensies het die lig gesien om spesifieke areas aan te spreek, soos UNCLOS wat die bewaring van die see en lewende mariene hulpbronne ten doel het en CITES wat handel in bedreigde spesies verbied. Die groot deurbraak was die Aarde Beraad van 1992 wat die Rio Deklarasie en Agenda 21 tot gevolg gehad het. Agenda 21 stel riglyne vir volhoubare ontwikkeling asook die instansies daarby betrokke. Tydens Augustus-September 2002 is die Aarde Beraad +10 in Johannesburg gehou, wat deur die meeste afgevaardigdes van enige Verenigde Nasies samekoms ooit, bygewoon is. Local Action 21 is tydens die Aarde Beraad +I0 op die been gebring. Die doel met Local Action 21 is die daadwerklike verwesenlike van Agenda 21-beginsels. In hoofstuk 39 van Agenda 21 word bepaal dat internasionale instrumente state behulpsaam moet wees ten einde volhoubare ontwikkeling te verwesenlik. Internasionale instrumente wat onder andere 'n belangrike rol speel is UNEP wie se taak dit is om te verseker dat internasionale omgewingsreg ontwikkel en gekodifiseer word. UNCED het ten doel om onder andere toe te sien dat Agenda 21-beginsels uitvoering kry. Van die hedendaagse omgewingsknelpunte soos die verdunning van die osoonlaag, die groenhuiseffek en uitwissing van woude kan slegs beperk of geheel voorkom word mits elke staat wat internasionale konvensies soos UNCLOS onderteken het aan die bepalings voldoen. Die rede waarom alle state hul moet verbind is dat besoedeling versprei deur water, wind en reën. Individue moet ingelig word ten aansien van die omgewingsknelpunte en moet betrek word om oplossings te vind vir byvoorbeeld besoedeling en die nalatigheid van die mens wat bydra tot die veroorsaking van die groenhuiseffek en globale verwarming. Sosiale begrensings van die omgewingsreg soos byvoorbeeld handel en energie is nodig vir die voortbestaan en ontwikkeling van die mens. Daar moet egter gelet word dat ontwikkeling op 'n volhoubare wyse moet geskied ten einde te verseker dat menslike ontwikkeling ook moontlik sal wees vir toekomstige geslagte. Plaaslike regerings moet gemeenskappe inlig met betrekking tot son, hidro en windkrag. Dit is nie goedkoop om byvoorbeeld sonpanele aan te bring nie, maar op die lange duur sal dit goedkoper uitwerk om van sonkrag gebruik te maak as om vir elektrisiteit te betaal. Deur die aanwending van son, wind of hidro-krag sal daar ook nie giftige gasse in die atmosfeer vrygestel word nie, wat die omgewing se toestand sal verbeter en volhoubaarheid tot gevolg sal hê. Die Suid-Afrikaanse Grondwet erken die reg op 'n gesonde omgewing in artikel 24, die reg op behuising in artikel 26 asook die reg op skoon water en sanitasie in artikel 27. Verder bepaal die Grondwet ook dat munisipaliteite die verpligting het om aan die gemeenskap 'n diens te lewer ten opsigte van onder andere sanitasie, water en 'n skoon omgewing. Individue moet bewus gemaak word van die verpligting wat die staat opgel6 word ten opsigte van die burgers se fundamentele en sosioëkonomiese regte. Bewusmaking kan gedoen word deur pamflette te versprei en plakkate aan te bring op openbare plekke soos landdroshowe en klinieke. Die plakkate kan by wyse van prente individue se regte illustreer wat tot gevolg sal h6 dat ongeletterde mense ook hul regte besef. Gemeenskapsleiers moet aangemoedig word om plaaslike gemeenskappe in te lig rondom hul regte met betrekking tot 'n skoon omgewing, behuising en water en sanitasiegeriewe. Suid-Afrika het omgewingswetgewing in werking gestel wat omvattend met omgewingsknelpunte te werk gaan. Die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998 (NEMA) bevat hoofsaaklik al die beginsels van Agenda 21 ten einde volhoubare ontwikkeling teweeg te bring Die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne 18 van 1998 (MLRA) wat deur plaaslike regerings aan die kus gebruik kan word aangesien dit ook duidelik die regte en verpligtinge van vissersgemeenskappe uiteensit soos die kwota vis wat gevang mag word. Een van die oogmerke van die MLRA is juis om benadeelde vissermanne op gelyke vlak met alle vertakkings van die visbedryf te bring. Ander Suid-Afrikaanse wetgewing sluit onder andere meergebiede, landbou en bosbouwetgewing in. Plaaslike regerings moet NEMA se beginsels in hul besluite respekteer. Plaaslike regerings is een van die instellings wat moet verseker dat Agenda 21 geïmplementeer word. Implementering moet plaasvind deurdat elke land 'n "Plaaslike Agenda 21"-plan op stel om by die spesifieke tipografie van elke plaaslike regering aanwending te vind. Die plaaslike regering van Mosselbaai sal byvoorbeeld ander beginsels van Agenda 21 toepas as die plaaslike regering van Hopetown. Suid-Afrika maak gebruik van IDP wat basies behels dat sosiale, ekonomiese en omgewingsknelpunte op 'n integrale wyse hanteer word. Local Agenda 21 en IDP het beide ten doel om die lewensstandaarde van mense te bevorder, maar ook terselfdertyd die omgewing te bewaar. IDP is meer prakties uitvoerbaar aangesien 'n probleem geïdentifiseer word, oplossings gevind word en daar dan 'n gepaste oplossing verskaf word. In Suid-Afrika het Durban metropool, die stad van Johannesburg, Pretoria metropool en Kaap metropool reeds in 1994 begin om "Plaaslike Agenda 21" te implementeer en daar word gepoog om aan die Agenda 21-beginsels wat die meeste van toepassing is op elkeen van die bogenoemde munisipaliteite, uitvoering te gee. Hierdie vier stede moet inligting aan kleiner munisipaliteite verskaf wat sal verseker dat munisipaliteite met minder menslike hulpbronne vinniger 'n "Plaaslike Agenda 21" sal kan implementeer wat voldoen aan elke munisipaliteit se spesiale behoeftes. Onder andere Kimberley, Thomahole en die Wilde Kus is 'n paar van die kleiner munisipaliteite wat ook reeds besig is om Local Agenda 21-beginsels in hul besluite te implementeer. Volhoubare ontwikkeling begin by die verskaffing van onderrig aan individue en aanpassing van IDP-projekte. Al die belangegroepe binne plaaslike regerings moet interaktief betrokke wees by mekaar. Die sakesektor kan byvoorbeeld fondse bewillig aan die plaaslike gemeenskap om saad en tuingereedskap aan te koop ten einde 'n gemeenskapstuin aan te plant. Skole kan 'n stuk grond beskikbaar stel waarop skoliere se ouers die tuin kan aanplant. Sodoende word die pond bewerk en erosie voorkom. Lede van die gemeenskap wat die groente verkoop dra by tot ekonomiese ontwikkeling. Die verkoop van die groente dra by tot sosiale ontwikkeling deurdat werklose persone selfvertroue opbou. Behuising kan deur plaaslike gemeenskappe bewerkstellig word deur die verskaffing van basiese opleiding ten opsigte van die bou van huise. Stene kan deur die gemeenskap geproduseer word en bouers uit die gemeenskap kan gebruik word om huise te bou. Gemeenskappe moet aangemoedig word om hul eie inisiatief te gebruik deur byvoorbeeld huise van koeldrankblikkies en voertuigbande te bou. Plaaslike regerings moet deur interaksie met die sakesektor, die jeug en die plaaslike gemeenskap oplossings vind of voorstelle aan die provinsiale regerings voorlê om volhoubare ontwikkeling op plaaslike vlak te bewerkstellig. Besighede moet aangemoedig word om herwinningshouers voor of op 'n maklik bereikbare plek naby hul besighede aan te bring om sodoende glas, papier, plastiek en aluminium te herwin. Plaaslike regerings moet met mekaar saamwerk om soortgelyke probleme wat ondervind word te probeer oplos of voorkom. Verbruik van energie kan verminder word indien munisipaliteite daarop let om sodra dit lig word, straatligte af te sit. Waterbesparing kan teweeg gebring word deur die herstel van lekkende krane en waterpype. Volhoubare ontwikkeling is nie alleen die verantwoordelikheid van die staat nie, maar ook van elke individuele aardbewoner van die jongste tot die oudste. Die aarde kan alleen op 'n volhoubare wyse ontwikkel word indien elke mens met die aarde handel op 'n wyse waarop die toekomstige generasies trots sal wees en ook dankbaar.

Description

Thesis (LL.M. (Legal Pluralism and Legal History))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2004.

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By