Visualising the voices of Redan an experimental application of forensic anthropology and narrative identity to a disappearing landscape
Abstract
This creative-production project explored the manner in which the principles and practices of
forensic anthropology can be appropriated as a design methodology and tool for the visual
representation of a landscape’s personal identity. In particular, this exploration was aimed at the
representation of the narrative identity of the Redan rock engraving site, a neglected national
monument and provincial heritage site near Vereeniging in the Gauteng province. The creative
process consequently explores the manner in which the principles and practices of forensic
anthropology can be appropriated as a design methodology, theoretical framework and visual
language to represent the narrative personal identity of the Redan rock engraving site. This
was achieved through the documentation and reconstruction of its aesthetic principles and
narratives. The communication goal of this body of creative work is that landscapes ought to be
afforded an equal degree of moral care, concern and respect in legal terms as human beings.
This exploration thus took place within the context of environmental awareness. An interactionist
dualist stance on practice-led research was investigated as an appropriate research approach
and context. Therefore, Scrivener’s Model for Creative Production Projects (2004), consisting of
six steps, was employed as research methodology. In fulfilment of step one, the Redan rock engraving site was identified as the subject matter of
this practice-led research project through reflection on past practice. The pecked images that
are a significant aspect of this site’s aesthetic are being eroded away and its narrative is not well
known. Both of these aspects of the site’s identity are at risk of being forgotten altogether. The
subsequent literature review, conducted as part of step two, identified forensic anthropology
and narrative identity to be appropriate theoretical frameworks for this project. In completion
of step three, these were used to reframe the Redan rock engraving site as a human entity
and its dilemma as worthy of concern. The latter refers to the Redan rock engraving site as
both an abandoned heritage site and damaged landscape. This process of reframing first took
an explicit knowledge approach through the conceptualisation of the project. Thereafter, tacit
knowledge formats were used to reframe the Redan rock engraving site through the production
of a five-part artist’s book in service of the project aim and communication goal. This was
also in fulfilment of step four. In step five, the creative production project was reflected on as
a whole. The application of Scrivener’s Model to this project culminated at step six in a critical
and well-reasoned report that consists of three parts – a project report in the form of this minidissertation,
a series of reflective journals and an exhibition of the artefacts produced. Hierdie kreatiewe produksieprojek het ondersoek gerig na die wyse waarop die beginsels en
praktyke van forensiese antropologie toegepas kan word as ‘n ontwerpmetodologie en instrument
vir die visuele voorstelling van ‘n landskap se persoonlike identiteit. Hierdie ondersoek was
spesifiek op die voorstelling van die narratiewe identiteit van die Redan-rotsgraveringsterrein,
‘n verwaarloosde nasionale monument en provinsiale erfenisterrein naby Vereeniging in die
Gauteng provinsie, gerig. Die kreatiewe proses ondersoek dus die manier waarop die beginsels
en praktyke van forensiese antropologie toegepas kan word as ‘n ontwerpmetodologie, teoretiese
raamwerk en visuele taal om die narratiewe persoonlike identiteit van die Redan-rotsgraveringsterrein
te verteenwoordig. Dit is bereik deur die dokumentering en rekonstruering van
die estetiese beginsels en die naratiewe van die Redan-terrein. Die kommunikasiedoelwit van
hierdie kreatiewe werk is dat landskappe in dieselfde mate as mense in wetlike terme geregtig
is op morele besorgdheid, versorging, bemoeienis en respek. Hierdie ondersoek het dus binne
die konteks van omgewingsbewusmaking plaasgevind. ‘n Interaktiewe dualistiese standpunt oor
praktykgeleide navorsing is voorts ondersoek as ‘n gepaste navorsings benadering en konteks.
Gevolglik is Scrivener se Model vir Kreatiewe Produksieprosesse (2004) wat uit ses stappe
bestaan, as navorsingsmetodologiese raamwerk gebruik. In stap een is die Redan-rotsgraveringsterrein geïdentifiseer as die onderwerp van hierdie
praktykgeleide navorsingsprojek deur middel van refleksie op vorige praktyk. Die uitgekapte
beelde wat ‘n belangrike aspek van die werf se estetika is, is in die proses om uitgewis te word
en die Redan-narratief is nie algemeen bekend nie. Albei hierdie aspekte van die Redan se
identiteit loop die gevaar om in die vergetelheid te versink.. Die daaropvolgende literatuuroorsig,
wat as deel van stap twee uitgevoer is, het forensiese antropologie en narratiewe identiteit
as toepaslike teoretiese raamwerke vir hierdie projek geïdentifiseer. Na voltooiing van
stap drie is hierdie gebruik om die Redan-rotsgraveringsterrein as ’n menslike entiteit en sy
dilemma as ’n waardige besorgdheid te herraam. Hierdie herramingsproses het eerstens ‘n
eksplisiete kennisbenadering gevolg deur die konseptualisering van die projek. Daarna is ‘n
tacit versweë kennisbenadering gevolg vir die herraming van die Redan-rotsgraveringsterrein
deur ’n kunstenaarsboek, bestaande uit vyf dele, te produseer ter wille van die projek- en
kommunikasiedoelwitte. Dit was ook ter vervulling van stap vier. In stap vyf is op die kreatiewe
produksieprojek as ‘n geheel gereflekteer. Die toepassing van Scrivener se Model het in hierdie
projek gekulmineer in stap ses wat neerslag vind in ‘n kritiese en goed beredeneerde verslag
wat uit drie dele bestaan: ‘n projekverslag in die vorm van hierdie skripsie, 'n reeks reflektiewe joernale en 'n uitstalling van die artefakte wat geproduseer is.
Collections
- Humanities [2696]