Uitdagings vir 'n reformatoriese benadering tot prediking in 'n postliterêre kommunikatiewe konteks
Abstract
In this article the tension field is explored which manifests itself in the natural resistance of the reformed tradition against inclusion of visual elements in preaching on the one hand and the demands posed to the communicative structure of preaching in a postliterary context on the other hand. The need for practical theological theory formation with respect to two particular dimensions is explored, namely: effective and responsible integration of visual elements in the communicative structure of preaching in a postliterary context. The exploration of these two dimensions leads to the formulation of two challenges posed to reformed preaching: a) How may visual elements be introduced ''effectively'' in the communicative structure of preaching in a way that do not disturb the essential Word event of speaking God's Word?; and b) How may visual elements be introduced ''responsibly'' in the communicative structure of preaching without reducing infinite elements to the realm of the finite on the one hand and abstractising life-changing elements to the realm of the unrealised? First steps in answering these challenges on a practice theoretical level will be given in a follow-up article. In hierdie artikel word die spanningsveld verken waarin die natuurlike weerstand gestel word van die reformatoriese tradisie teen die insluiting van visuele elemente in Woordverkondiging teenoor die eise aan die kommunikatiewe struktuur van prediking in 'n postliterêre konteks. Die noodsaak van praktiesteologiese teorievorming ten opsigte van twee dimensies van die spanningsveld word verken, naamlik effektiewe en verantwoordelike inrigting van visuele elemente in die kommunikatiewe struktuur van prediking in 'n postliterêre konteks. Die verkenning van hierdie twee dimensies van die ondersoekveld loop uit op die formulering van twee uitdagings vir prediking in die reformatoriese tradisie, naamlik: a) Hoe kan visuele elemente op 'n ''effektiewe'' manier in die kommunikatiewe struktuur van prediking ingesluit word sonder om die wesenlike struktuur van Woordverkondiging te versteur?; en b) Hoe kan visuele elemente op 'n ''verantwoordelike'' manier in die kommunikatiewe struktuur van prediking ingesluit word sonder om aan die een kant onvoorstelbare elemente voorstelbaar te maak en aan die ander kant lewensveranderende werklikhede abstrak in die lug te laat hang? Eerste treë in praktykteoretiese antwoorde op hierdie uitdagings sal in 'n opvolgartikel gegee word.
Collections
- Faculty of Theology [980]