'n Beskrywing van die valensiemorfeem in Afrikaans vanuit 'n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsraamwerk
Abstract
In Afrikaans kom daar in sommige komplekse morfologiese konstruksies (fleksievorme, afleidings en komposita) ʼn valensiemorfeem voor. Voorbeelde van valensiemorfeme sluit in die ·s· in man·s·hemp en die ·e· in student·e·raad. Een van die sentrale vrae met betrekking tot die valensiemorfeem is of dit enige semantiese inhoud dra in die komplekse waarin dit voorkom. Resente taalkundige beskrywings in Afrikaans, Nederlands en Duits huldig verskillende standpunte.
Die uitdagings met betrekking tot die valensiemorfeem (definiëring, modellering en verifiëring) dien as die navorsingsvrae wat in hierdie studie beantwoord word:
1. Hoe kan die valensiemorfeem in Afrikaans gedefinieer word?
2. Hoe kan die valensiemorfeem in Afrikaans linguisties gemodelleer word?
3. Bevestig mense se keuse vir valensiemorfeme, spesifiek in komposita, hierdie linguistiese model?
Om hierdie vrae te beantwoord word daar eerstens ʼn literatuurstudie gedoen van bestaande beskrywings van die valensiemorfeem in veral Afrikaans en Nederlands, maar ook Duits. Datastelle (een bestaande uit komposita en een bestaande uit nonkomposita) word daarna ontleed om skemas (en die uiteindelike linguistiese model) te kan postuleer. Laastens word die model aan die hand van ʼn gebruikseksperiment in die vorm van ʼn vraelys geverifieer.
Met betrekking tot komposita word oorweging geskenk aan die semantiese klassifisering van komposita om na te speur of sekere betekeniskategorieë direk aan valensiemorfeemgebruik gekoppel kan word. Die spreiding van valensiemorfeme blyk hoofsaaklik lukraak tussen die kategorieë te wees. Met die uitsondering van koppeltekens in komposita waarin ʼn neweskikkende verhouding tussen kompositumkomponente bestaan, is daar nie ʼn duidelike verhouding tussen ʼn spesifieke semantiese kategorie en valensiemorfeemgebruik nie. Uiteindelik word ʼn model gepostuleer waarin die konseptuele pool van die valensiemorfeem as hoogs skematies voorgestel word, terwyl dit wel op die realiseringspool gespesifiseerd is (met ʼn definitiewe ortografiese en/of fonologiese inhoud). Aspekte van die modelle wat opgestel is, word met behulp van ʼn elektroniese vraelys aan moedertaalsprekers van Afrikaans en Nederlands getoets. Die eksperimentele items is saamgestel uit drie taalkundige aspekte, te wete klemtoonbotsing, segmentsamestelling en semantiese konteks. Die data, wat met behulp van die ANOVA- en MANOVA-statistiese metodes beskryf is, bevestig die linguistiese model. Die koppelteken word spesifiek verkies in gevalle waar ʼn neweskikkende verhouding tussen die komponente geld en/of waar daar ʼn opeenhoping van vokale is. Dit blyk ook uit die data dat taalgebruikers geneig is om die ·s·-valensiemorfeem in komposita te verkies waar ʼn besitsgenitiewe verhouding tussen die komponente geld.
Met inagneming van bestaande beskrywings van die valensiemorfeem, die beskrywing van die valensiemorfeem vanuit ʼn kognitiewe gebruiksgebaseerde raamwerk, asook die eksperiment wat onderneem is, kan ʼn mens nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat die konseptuele invoer van die valensiemorfeem, die koppelteken uitgesluit, in Afrikaans hoogs skematies is nie. Die studie word afgesluit met idees vir verdere navorsing.
A linking element (valensiemorfeem in Afrikaans) appears in some Afrikaans complex morphological constructions (inflectional forms, derivations and compounds). Examples of linking elements include the ·s· in man·s·hemp (men·LK·shirt) and the ·e· in student·e·raad (student·LK·council). One of the main questions concerning the linking element is whether it contributes any semantic input to the complexes it features in. Recent linguistic descriptions in Afrikaans, Dutch and German hold different views on this question.
The challenges when it comes to the linking element (defining, modelling and verifying) serves as the research questions that will be addressed in this study:
1. How can the linking element be defined in Afrikaans?
2. How can the linking element be linguistically modelled in Afrikaans?
3. Does language users' use of linking elements, specifically in the case of compounds, confirm this linguistic model?
To answer these questions a literature study of the current descriptions of the linking element in especially Afrikaans and Dutch, but also in German, will be conducted. Hereafter data sets (one consisting of compounds and the other of non-compounds) will be analysed to posit schemas (and ultimately also the linguistic model). Lastly the model will be verified using a usage-based approach, in the form of an online questionnaire.
Semantic classification with regards to compounds is being considered to discern whether specific semantic categories could be linked to the use of linking elements. The distribution of linking elements in the data sets appeared mainly to be random. A relationship between a particular semantic category and the use of linking elements, with the exception of the hyphen in compounds where a coordinative relationship existed between the compound components, couldn't be established. Ultimately a linguistic model is posited where the conceptual pole of the linking element is extremely schematic, whilst it is specified on the realisation pole (with definite orthographical and/or phonological input). Aspects of the models that were constructed have been tested by using an online questionnaire that was completed by native speakers of Afrikaans and Dutch. The experimental items were constructed using three linguistic aspects that included stress clashes, segmental composition and semantic context. The data gathered, analysed using ANOVA and MANOVA statistical methods, confirmed the linguistic model. The hyphen is preferred in cases where a coordinative relationship is present between the compound components or where there were a cluster of vowels present at the component borders. The data also showed that language users tend to use the ·s· linking element in compounds where a possessive-genitive relationship was present between components.
With consideration of existing descriptions of the linking element, the description of the linking element from a cognitive usage-based framework and also the experiment that was undertaken, one cannot but reach the conclusion that the conceptual input of the linking element in Afrikaans, with the exception of the hyphen, is extremely schematic. This study is concluded with ideas for further research.
Collections
- Humanities [2696]