• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die grondbeginsels vir die taak van die prediker : 'n vergelykende studie tussen die Pastorale briewe en die De Sacerdotio Boek 5 van Johannes Chrysostomus

    Thumbnail
    View/Open
    Hefer_BJ _2017.pdf (4.856Mb)
    Date
    2017
    Author
    Hefer, Barend Joachim
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die studie, “Die grondbeginsels vir die taak van die prediker - 'n Vergelykende studie tussen die Pastorale briewe en die De Sacerdotio Boek 5 van Johannes Chrysostomus”, ondersoek die beginsels vir die taak van die prediker soos wat dit onderskeidelik in die De Sacerdotio Boek 5 van Johannes Chrysostomus en die Pastorale briewe van Paulus uiteengesit word. Dit is die hiptose van hierdie studie dat die beginsels vir die taak van die prediker soos in Chrysostomus se De Sacerdotio Boek 5 uiteengesit is, van dié wat in die Pastorale briewe verduidelik word, verskil. Ten einde ‘n bevredigende gevolgtrekking te bereik, word daar gebruik gemaak van die histories-grammaties hermeneutiese metode wat beide die semantiese ondesoek en die historiese agtergrond in ag neem. In hierdie metode word sleutelwoorde en -temas geïdentifiseer deur middel van ‘n gedagte struktuur-analise van beide die De Sacerdotio Boek 5 en die Pastorale briewe. Hierdie sleutelwoorde en -temas word ondersoek met die doel om beginsels vir die taak van die prediker te formuleer soos dit vanuit die De Sacerdotio Boek 5 en die Pastorale briewe na vore kom. Hierdie beginsels word met mekaar vergelyk met die doel om ooreenkomste en/of verskille te identifiseer. Die historiese ontwikkeling in die magsbeskouing van die kerk vanaf die 1ste tot die 4de/5de eeu n.C. word in ag geneem as ‘n moontlike verklaring vir fokusverskuiwings en toepassings van die beginsels vir die taak van die prediker. Kernbevindings van hierdie studie kan soos volg uiteen gesit word: • Daar is ‘n oorvleueling, maar ook ‘n verskil in die titels wat deur Chrysosotomus en Paulus gebruik word om na die prediking-amp te verwys. Die titel wat deur beide gebruik is, is διδάσκαλος (leermeester / onderwyser). Chrysostomus maak ook gebruik van die titel ἱερεύς (priester) wat nie in deur Paulus in die Pastorale briewe gebruik word nie, terwyl Paulus weer op sy beurt gebruik maak van die titels διάκονος (diaken / dienskneg), ἐπισκοπή (toesighouer), ἐπίσκοπος (toesighouer), εὐαγγελιστής (evangelis) en πρεσβύτερος (ouderling) wat nie in Chrysostomus se De Sacerdotio Boek 5 voorkom nie. • Beide Chrysostomus en Paulus wys daarop dat die prediking inspanning en harde werk van die prediker vereis. • Beide Chrysostomus en Paulus waarsku predikers teen die begeerte na lof en die applous van mense en wys daarop dat hulle in die arbeid van prediking eerder na die eer van God moet soek. • Daar is ook aangetoon vanuit die historiese agtergrond dat die ἐπίσκοποι in die tyd van Chrysostomus heersers oor biskopdomme was; daarteenoor het die ἐπίσκοποι in die tyd ii waarin Paulus die Pastorale briewe geskryf het, die funksie van “opsigters” oftewel “toesighouers” oor die gemeente vervul. Vanuit hierdie kernbevindings blyk dit dat die aanvanklike hipotese slegs gedeeltelik korrek was, aangesien dit blyk dat daar by die De Sacerdotio Boek 5 en die Pastorale briewe nie net verskille ten opsigte van die beginsels vir die taak van die prediker bestaan nie, maar verskeie belangrike ooreenkomste is. Die verskille wat aangetoon is, is weens die historiese ontwikkeling van die prediking-amp tussen die 1ste eeu n.C. en die 4de/5de eeu n.C. Die historiese ontwikkeling getuig van ‘n toename in gesag en selfs in ‘n mate van magsug wat deel van die predik-amp geword het, wat ‘n besliste negatiewe uitwerking op die prediking gehad het. Hierdie ontwikkeling dien as ‘n tydige waarskuwing vir die hedendaagse praktyk van prediking en die predik-amp. The study, “The core principles for the task of the preacher: A compartitive study between the Pastoral epistles and the De Sacerdotio Book 5 of John Chrysosotom”, researches the principles for the task of the preacher as put forward by both the De Sacerdotio Book 5 of John Chrysostom and the Pastoral epistles of Paul. It is the hypoteses of this study that the principles for the task of the preacher as put forth in Chrysostom’s De Sacerdotio Book 5 differ from those explained in the Pastoral epistles. The historical-grammatical hermeneutical method, which will be used to study both the sematics and the historical background, will be employed in order to come to a satisfying conclusion. Using this method keywords and –themes will be identified by way of an analysis of the structure of both the De Sacerdotio Book 5 and the Pastoral epistles. These keywords and – themes are researched further with the purpose of formulation the principles of the task of the preacher as it is seen in the De Sacerdotio Boek 5 and the Pastoral epistles. These principles are compared with eachother in order to identify similarities and/or differences. The historical development in the approach to power of the church from the 4th / 5th century A.D. is considered as a possible explaination for the shift and application of the principles for the task of the preacher. Corefindings of this study can be formulated in the following manner: • There are similarities, but also differences in the use of titles between Chrysostom and Paul in reference to the office of preaching. The titel used by both is διδάσκαλος (teacher). Chrysostom uses the title ἱερεύς (priest) which are not used by Paul in the Pastoral epistles, while Paulus in turn makes use of the titles διάκονος (deacon / servant), ἐπισκοπή (overseer), ἐπίσκοπος (overseer), εὐαγγελιστής (evangelist) and πρεσβύτερος (elder) which do not occur in Chrysostom’s De Sacerdotio Book 5. • Both Chrysostom and Paul points out that preaching requieres effort and hard work from the preacher. • Both Chrysostom and Paul warn preachers against the desire for praise and applause of men and points out that their should rather desire the honor of God in the work in preaching. • It is showed from the historical background that the ἐπίσκοποι became rulers over episcopates in the time of Chrysostom; on the other hand in the time that Paul wrote the Pastoral epistle the ἐπίσκοποι fulfilled the function of “steward” or “overseers” over the congregation. It seems from these corefindings that the original hypoteses was only partly correct, seeing that there are not only differences between the De Sacerdotio Boek 5 and the Pastoral epistles, but also various important similarities. The differences which is pointed out, is due to the historical development of the office of preaching between the 1st century A.D. and the 4th / 5th century A.D. The historical development testifies of an increase in power and even to the degree of a lust for power in the office of preaching, which had difinitive negative effects on preaching. This development acts as a timely warning for the comtempory practice of preaching and the office of preaching.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/25378
    Collections
    • Humanities [2697]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV