NWU Institutional Repository

Ekklésia en meerdere vergaderinge

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa) , Potchefstroom Campus

Abstract

Die Woord van God openbaar aan ons duidelike beginsels oor die wese, gesag en karakter van die meerdere vergadering. In die tyd van die reformasie is daar onder leiding van die Woord en Gees op kerklike vergaderinge vergestalting aan die beginsels gegee in 'n kerkorde wat sedert 1571 tot 1618/19 ' n ontwikkelingsgeskiedenis ondergaan het . Dit het egter geblyk dat bepaalde standpunte sedert die tyd van die negentiende eeuse Kollegialisme groot verwarring en verskille veroorsaak het oor die vraag na die wese en gesag van die meerdere vergadering . In die lig van die Skrif, belydenis en kerkorde van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika is ons egter van oortuiging dat die meerdere vergadering in wese en samestelling 'n samekoms van meer kerke is. Verder het ons tot die oortuiging gekom dat die meerdere vergadering nie afgeleide gesag of selfstandige gesag het nie , maar dat dit in die eerste plek rus in die wil van God en dat die gesag van Christus self die enigste gesag en mag in die kerk en meerdere vergaderinge is. Hierdie gesag oefen Christus uit en Hy handhaaf dit deur sy Woord onder leiding van die Heilige Gees . Hy roep en bekwaam ook mense in die dienste om hierdie gesag en mag te bedien . Die meerdere vergadering het ook bepaalde kenmerke wat sy karakter op 'n besondere manier weerspieel

Description

ThM, PU vir CHO, 1979

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By