• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die samehang tussen hoop, selfkonsep en copinggedrag by 'n groep kinders in die middelkinderjare

    Thumbnail
    View/Open
    pretorius_r.pdf (3.873Mb)
    Date
    2003
    Author
    Pretorius, Ronél
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie skripsie ondersoek opvattings betreffende die "Isebel Gees" in sekere Christelike kringe. Die term "Isebel Gees" word gebruik as aanklag om vroue te veroordeel wat sekere karaktereienskappe openbaar wat ooreenstem met die van die historiese koningin lsebel in die boek van I Konings 16:31. lsebel word gesien as 'n heidense tipe in die Kerk. Daar word alternatiewelik na haar verwys as demoon, gees, mag, heerskappy of vesting. Koningin lsebel is ongetwyfeld die mees eerlose van alle vroulike figure in die Bybel. Sy word gesien as die beliggaming van vroulike boosheid. Sommige verwysings identifiseer haar as die bron van obsessiewe sensualiteit, onbeteuelde duiwelskunstenary, wrokkigheid teenoor manlike outoriteit en valse leringe in die Kerk en gemeenskap in die algemeen. Hoe aktueel is hierdie ondersoek? Hoewel lsebel van die Ou Testament dood is, is die lsebel dinamika teenwoordig in die Kerk. Deur alle eeue heen vertoon die mens steeds sy sondige natuur. Die vraag wat egter ontstaan is of hierdie natuur deur die "Isebel Gees" aangespoor word? Die sentrale probleem wat deur hierdie studie ondersoek word is of lsebel in die Skrif verstaan kan word as 'n "gees" of 'n karakter tipe. Die navorsingsdoelwit is 'n eksegetiese analise van die lsebel tekste in die boeke van I en II Konings, en op basis hiewan, 'n evaluasie van die idée van 'n 'Isebel Gees". Die model wat gebruik word vir die eksegetiese ontleding word bespreek alvorens dit toegepas word op die lsebel tekste. Twee resente werke van Christelike outeurs, "The Three Battlegrounds'' deur Francis Frangipane en "Unmasking The Jezebel Spirit" deur John PaulJackson, wat handel oor die lsebel fenomeen, word geevalueer teen dieagtergrond van 'n eksegetiese interpretasie van die lsebel vertellings in die Ou Testament. Die navorsing sluit in 'n historiese oorsig aangaande die lsebel fenomeen in godsdienstige literatuur, sekulgre literatuur, rolprente, teaterstukke, poesie, en argeologie. Aandag word ook gewy aan feministiese interpretasies teenoor tradisionele interpretasies van die lsebel tekste. Moontlike metodes wat deur Frangipane en Jackson toegepas is in hulle interpretasie van die lsebel tekste word bespreek. Hieronder word gereken die proefteks-metode en eisegese. 'n Oorbeklerntoning van die geesdimensie word ook bespreek. 'n Opsomming en interpretasie van die bevindings van die navorsing word in hoofstuk 6 bespreek. Ten slotte word dit aangevoer dat die lsebel van die Ou Testament as karaktertipe gesien kan word. Daar word ook gewys op die teologiese toepassing van die lsebel tekste
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/2429
    Collections
    • Humanities [2696]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV