Die rol van geselekteerde motiveringsfaktore en leerstrategieë by akademiese prestasie van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe- (EBW-) onderwysstudente
Abstract
The low throughput rates that occur especially at South African universities are an alarming phenomenon that has a negative impact on the country's economic growth and social development. Several factors, such as the inability of students to work and think independently, poor time management, a lack of study skills, incompetence regarding the language of instruction, and inadequate teaching and learning support at universities may contribute to this problem. Poor throughput rates result in a situation where only a small percentage of qualified students will be available for the labour force. One of the possible causes for the low throughput rate might be nested in the school setting, where many secondary schools throughout the country still persist with rote learning. At university students are responsible for their own study momentum and outputs, which obviously require better management of certain motivational factors and learning strategies. Motivational factors that were investigated in this study encompassed five subscales, namely goal orientation, task value, self-efficacy, success expectancy and test anxiety. OPSOMMING: Statistiek aangaande deurvloeisyfers van studente in Suid-Afrika toon dat slegs 35% van die
1ste-jaar-studente wat voltyds vir ’n graad inskryf binne die voorgeskrewe tydperk gradueer,
terwyl 48% binne vyf jaar gradueer, maar daar word beraam dat ongeveer 52% van die
inname selfs na herhaalde pogings nooit sal gradueer nie. Die oorkoepelende doelstelling van
hierdie studie was om die toepas van motiveringsfaktore en leerstrategieë deur 1ste-, 2de-,
3de- en 4de-jaar-EBW-onderwysstudente met mekaar, asook met die studente se akademiese
prestasie in die 1ste tot 4de jaar, te vergelyk. Die teoretiese raamwerk het verskeie
motiveringsfaktore ingesluit, onder andere doeloriëntering, taakwaarde, selfeffektiwiteit,
suksesverwagting en toetsangs, asook leerstrategieë, waaronder inoefening, uitbreiding,
organisering, kritiese denke, metakognisie, tydbestuur en bykomende pogings wat ’n rol by
akademiese prestasie speel. Hierdie veranderlikes is in ’n kwantitatiewe empiriese studie
ondersoek deur gebruik te maak van die Motiveringstrategieë-vir-leer-vraelys (MSLQ –
Motivated Strategies for Learning Questionnaire). Ten opsigte van die motiveringsfaktore het
die studente van al vier jaargroepe aangedui dat hulle toetsangs in ’n geringer mate ervaar,
terwyl hulle ’n hoër mate van suksesverwagting getoon het. Ten opsigte van leerstrategieë is
kritiese denke en metakognisie in die kleinste mate toegepas, terwyl organisering veral deur
die 2de-jaar-studente in die hoogste mate toegepas is. Verbande tussen motiveringsfaktore
asook leerstrategieë en akademiese prestasie is bepaal. Statisties sowel as prakties
betekenisvolle positiewe verbande met ’n medium effek (p<0,05; r>0,3) is tussen akademiese
prestasie en doeloriëntering by die 1ste-jaar-studente gevind; selfeffektiwiteit, organisering en
tydbestuur by die 3de-jaar-studente; en suksesverwagting by die 4de-jaar-studente. Slegs een
statisties sowel as prakties betekenisvolle positiewe verband met ’n groot effek (p<0,01;
r=0,5) is tussen akademiese prestasie en suksesverwagting by die 4de-jaar-studente gevind.