Die einde van transendensie in Kontinentale godsdiensfilosofie
Abstract
Die laaste paar jaar is daar ’n hernude belangstelling in en fokus op die begrip transendensie binne die Kontinentale filosofie, teologie, kuns, politiek en letterkunde. Wat met die begrip transendensie in hierdie verskeie dissiplines bedoel word, wissel nie net nie, maar ’n betekenisverskuiwing vind ook plaas. Waar die begrip byvoorbeeld vroeër sterk konnotasies met ’n vertikale transendente gehad het, val die klem al hoe meer (amper uitsluitend) op die horisontale transendente. Die betekenis van transendensie word hierdeur so “vervlak” en vereng dat dit geheel en al skuif na die immanente, met die gevolg dat die betekenismoontlikheid van transendensie in die sin van ‘n verwysing na die tradisioneel godsdienstig vertikale transendente – tot ’n einde blyk te gekom het. Hierdie artikel ontleed of die begrip transendensie steeds ’n toekoms kan hê, spesifiek in Kontinentale godsdiensfilosofie, aan die hand van drie moontlike toekomsscenario’s, naamlik die Messiaanse, bevryding- en plastisiteitscenario. Alhoewel transendensie in hierdie toekomsscenario’s negeer word, bly dit ’n vraag – soos wat ten slotte aangetoon word – of die einde van transendensie in Kontinentale godsdiensfilosofie werklik bereik is.
URI
http://www.litnet.co.za/die-einde-van-transendensie-in-kontinentale-godsdiensfilosofie/http://hdl.handle.net/10394/23636
Collections
- Faculty of Humanities [2042]