• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Health Sciences
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Health Sciences
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Consumers' understanding and use of textile eco-labels during pre-purchase decision making

    Thumbnail
    View/Open
    Consumers_understanding.pdf (720.8Kb)
    Date
    2016
    Author
    Dreyer, Heleen
    Botha, Eloise
    Van der Merwe, Magdalena
    Le Roux, Neoline
    Ellis, Susanna
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Eko-etikette het 'n groot impak op die waarskynlikheid dat verbruikers omgewingsvriendelike produkte sal koop en dit is 'n hulpmiddel om beter ingeligte aankoopbesluite gedurende hulle besluitnemingsproses te neem. Die tekstielindustrie is verantwoordelik vir 'n groot hoeveelheid besoedeling, maar het begin om 'n meer holistiese, omgewingsvriendelike benadering te volg. Inligting rakende tekstiele se eko-vriendelike eienskappe word aan verbruikers gekommunikeer deur middel van eko-etikette. Deur aan te dring op eko-tekstielprodukte kan verbruikers die tekstielindustrie beïnvloed om meer produkte met eko-etikette in hul tekstielreekse in te sluit. Internasionale studies toon egter aan dat verbruikers nie tekstiel-eko-etikette of die inligting daarop verstaan nie. 'n Gebrek aan begrip verhoed hulle om omgewingsvriendelike produkte in die aankoopbesluitnemingsproses in te sluit. Daar is wel verbruikers in ontwikkelde en ontwikkelende lande wat eko-etiketprodukte aankoop en bereid is om meer daarvoor te betaal. Daar is egter beperkte navorsing op die gebied, veral in 'n Suid Afrikaanse konteks, wat dus meer navorsing in hierdie studieveld genoodsaak het. Daarom het hierdie studie dit ten doel gestel om verbruikers se begrip en gebruik van tekstiel-eko-etikette tydens die aankoop-verbruikerbesluitnemingsproses te verken. Die navorsing is gedoen deur middel van 'n sneeubalsteekproefmetode (N=234), met 'n kwantitatiewe gestruktureerde aanlynvraelys vir data-insamelingsdoeleindes. Die data is ingesamel gedurende Junie/Julie 2012. Data-analise het beskrywende statistiek, verkennende faktorontleding en ontledings soos variansie-analise, T-toetse en tweerigtingtabelle ingesluit. Die bevindinge dui daarop dat respondente slegs tot 'n sekere mate omgewingsbewus was. Die meeste respondente het eko-tekstielprodukte objektief verstaan maar hulle het nie tekstiel-eko-etikette of inligting op die etikette rakende organiese katoenproduksieprosesse verstaan nie. Die respondente het aangedui dat hulle nie eko-etikette tydens die besluitnemingsproses gebruik nie, alhoewel hulle tot 'n mate die behoefte aan eko-produkte erken het, omdat hulle bewus is van omgewingsimplikasies. Met betrekking tot die inligting op eko-etikette, het respondente gesoek na die inligting oor die kwaliteit van die eko-tekstielproduk, gevolg deur die versorgingsinstruksies en die vetrouenswaardigheid van die eko-etiket. Laastens was daar 'n segment van die respondente wat eko-tekstielprodukte koop en gebruik en bereid is om 'n hoër prys vir hierdie produkte te betaal. Die hoër prys was die belangrikste faktor wat ander verhoed het om eko-tekstielprodukte te koop. Verbruikers kan baat by opleiding met betrekking tot omgewingsvraagstukke en die impak wat hulle aankoopkeuses op die omgewing kan hê. Verder kan opleiding van verbruikers oor eko-tekstielprodukte hulle bewustheid en gebruik van hierdie produkte verhoog. Op sy beurt kan 'n bewustheid van eko-etikette verbruikers aanmoedig om hierdie tipe produkte in hulle aankoopbesluitnemingsproses in te sluit. Daarbenewens kan die industrie daarna streef om die prys van eko-etiketprodukte vergelykbaar te hou met dié van ander produkte se pryse, om dit makliker te maak vir verbruikers om keuses tussen die verkillende produkte te maak op grond van die omgewingsvriendelike eienskappe, en nie op grond van die prys nie. Die tekstielindustrie en vervaardigers kan ook daarna streef om tekstiel-eko-etikette aantrekliker en treffender te maak sodat verbruikers se aandag gefokus sal word op die etikette. Verder kan woorde en simbole saam op hierdie etikette gebruik word om verbruikers se begrip van eko-etikette te verhoog. As al hierdie elemente van 'n eko-etiket dieselfde boodskap oordra, kan dit daartoe lei dat verbruikers die boodskap, soos bedoel deur vervaardigers en die industrie, beter verstaan
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/23179
    https://www.ajol.info/index.php/jfecs/article/view/153036/142630
    Collections
    • Faculty of Health Sciences [2404]
    • Faculty of Natural and Agricultural Sciences [4855]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV