• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Law
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Challenges to the South African corporate leniency policy and cartel enforcement

    Thumbnail
    View/Open
    2015Challenges.pdf (549.5Kb)
    Date
    2015
    Author
    Van Heerden, Corlia
    Botha, Monray Marsellus
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die voorkoming, opsporing en vervolging van kartelle is ’n prioriteit van mededingingsowerhede wêreldwyd gegewe die negatiewe impak wat sodanige bedrywighede het op pryse en keuse van produkte en die feit dat dit invoering in markte smoor. Weens die groot geheimhouding waarin kartelbedrywighede gehul is, is dit egter uit ’n afdwingingsoogpunt uiters moeilik om voldoende inligting te bekom op grond waarvan kartelle aan die kaak gestel kan word. Die Wet op Mededinging 89 van 1998 bevat in artikel 4(1)(b) bepalings wat karteldeelname aan prysvasstelling, markverdeling en samespannende tenders verbied. Voor die inwerkingtreding van gemelde wet het Amerika, synde die bakermat van statutêre mededingingsreg, besef dat die verordening van wetgewing alleen nie genoeg is om kartelle die stryd aan te sê nie en dat daar bykomende maatreëls ter afdwinging nodig is ten einde die mededingingsowerhede in staat te stel om inligting oor kartelbedrywighede te bekom. Met hierdie doel voor oë is die konsep van ’n toegeeflikheidsbeleid in die Amerikaanse mededingingsreg ingelei en het dit gou guns gewen in die Europese Unie en ander mededingingsjurisdiksies wat ook sodanige toegeeflikheidsprogramme aangeneem het. In 2004 het die Suid-Afrikaanse mededingingskommissie die internasionale neiging gevolg en ’n toegeeflikheidsbeleid aangeneem, wat in 2008 hersien en verbeter is. Die geldigheid van hierdie beleid is egter onlangs bevraagteken in Agri Wire (Pty) Ltd v The Commissioner of the Competition Commission, welke saak uiteindelik voor die hoogste hof van appèl gedraai het. Die doel van hierdie bespreking is om die bestaansrede vir toegeeflikheidsprogramme in die mededingingsreg te ondersoek, aan te dui presies wat die omvang van die Suid-Afrikaanse mededingingskommissie se toegeeflikheidsbeleid is en aanslae teen die beleid te bespreek.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/21325
    http://reference.sabinet.co.za/sa_epublication/ju_tsar
    Collections
    • Faculty of Law [388]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV