Show simple item record

dc.contributor.advisorMiddelberg, S
dc.contributor.authorViljoen, Ignatius Michael
dc.date.accessioned2017-04-07T13:25:54Z
dc.date.available2017-04-07T13:25:54Z
dc.date.issued2016
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/21241
dc.descriptionMCom (Management accountancy), North-West University, Potchefstroom Campus, 2016en_US
dc.description.abstractKommersiële boerdery is vandag meer ingewikkeld as wat dit in die verlede was. Daar rus ‘n groter verpligting op boere om strategiese finansiële besluite in hulle boerderye te neem. Dit is van kardinale belang dat boere moet vasstel hoe vleis goedkoper geproduseer kan word. Boere voel egter dat dit amper onmoontlik is weens die groot finansiële druk wat die landbousektor sowel as die res van die Suid-Afrikaanse ekonomie tans ervaar. Dit is sigbaar in produksiekoste wat jaarliks styg, wisselende brandstofpryse en staatsbystand wat skraps is. Boere word daarom genoop om kreatief met hul finansies om te gaan. Aangesien boere prysnemers is, beskik die individuele boer nie oor die vermoë om ‘n beduidende verskil in die lae veeprys, alternatiewelik die trae groei in veepryse te maak nie. Die boer kan wel die brutowaarde van die winste wat uit produksie verkry word verhoog deur die regte keuse vleis teen die beste prys per kilogram beskikbaar te verkoop. Die hoofdoelwit van die studie was om deur gebruik te maak van die aktiwiteitsgebaseerde koste (AGK) beginsels die optimale kombinasie vee vir ʼn enkele gemengde veeboerdery te bepaal. Die gevallestudie is gebaseer op inligting wat uit twee gemengde veeboerderye verkry kon word. Die eerste boerdery (“Boerdery 1”) bestaan uit ‘n bees- en skaapboerdery. Die tweede boerdery (“Boerdery 2”) bestaan uit boerboklammers. Die AGK model is op beide boerderye se produkte toegepas. Daar is bevind dat dit nie vir Boerdery 1 meer winsgewend gaan wees om ‘n boerbokkudde tot die boerdery by te voeg nie. Die aanbevelings sluit wel in dat Boerdery 1 die skaapboerdery moet vergroot. Die rede vir hierdie aanbeveling is aangesien dit jaarliks ‘n groter wins vir Boerdery 1 inhou gekombineer met verlaagde risiko aangesien beide skaap- en beesprodukte dan dieselfde gewig sou dra.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa) , Potchefstroom Campusen_US
dc.subjectAktiwiteitsgebaseerde kosteen_US
dc.subjectBoerbokboerderyen_US
dc.subjectGemengde veeboerderyen_US
dc.subjectBestuursrekeningkundeen_US
dc.subjectKosteen_US
dc.subjectBesluitnemingen_US
dc.subjectActivity-based costingen_US
dc.subjectBoerbok farmingen_US
dc.subjectMixed-livestock farmingen_US
dc.subjectManagement accountingen_US
dc.subjectCostsen_US
dc.subjectDecision-makingen_US
dc.titleDie toepassing van aktiwiteitsgebaseerde beginsels op 'n gemengde veeboerderyen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID10779221 - Middelberg, Susanna Levina (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record