• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Economic and Management Sciences
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Economic and Management Sciences
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die toepassing van aktiwiteitsgebaseerde beginsels op 'n gemengde veeboerdery

    Thumbnail
    View/Open
    Viljoen_IM_2016.pdf (2.660Mb)
    Date
    2016
    Author
    Viljoen, Ignatius Michael
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Kommersiële boerdery is vandag meer ingewikkeld as wat dit in die verlede was. Daar rus ‘n groter verpligting op boere om strategiese finansiële besluite in hulle boerderye te neem. Dit is van kardinale belang dat boere moet vasstel hoe vleis goedkoper geproduseer kan word. Boere voel egter dat dit amper onmoontlik is weens die groot finansiële druk wat die landbousektor sowel as die res van die Suid-Afrikaanse ekonomie tans ervaar. Dit is sigbaar in produksiekoste wat jaarliks styg, wisselende brandstofpryse en staatsbystand wat skraps is. Boere word daarom genoop om kreatief met hul finansies om te gaan. Aangesien boere prysnemers is, beskik die individuele boer nie oor die vermoë om ‘n beduidende verskil in die lae veeprys, alternatiewelik die trae groei in veepryse te maak nie. Die boer kan wel die brutowaarde van die winste wat uit produksie verkry word verhoog deur die regte keuse vleis teen die beste prys per kilogram beskikbaar te verkoop. Die hoofdoelwit van die studie was om deur gebruik te maak van die aktiwiteitsgebaseerde koste (AGK) beginsels die optimale kombinasie vee vir ʼn enkele gemengde veeboerdery te bepaal. Die gevallestudie is gebaseer op inligting wat uit twee gemengde veeboerderye verkry kon word. Die eerste boerdery (“Boerdery 1”) bestaan uit ‘n bees- en skaapboerdery. Die tweede boerdery (“Boerdery 2”) bestaan uit boerboklammers. Die AGK model is op beide boerderye se produkte toegepas. Daar is bevind dat dit nie vir Boerdery 1 meer winsgewend gaan wees om ‘n boerbokkudde tot die boerdery by te voeg nie. Die aanbevelings sluit wel in dat Boerdery 1 die skaapboerdery moet vergroot. Die rede vir hierdie aanbeveling is aangesien dit jaarliks ‘n groter wins vir Boerdery 1 inhou gekombineer met verlaagde risiko aangesien beide skaap- en beesprodukte dan dieselfde gewig sou dra.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/21241
    Collections
    • Economic and Management Sciences [4593]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV