• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Publications
    • Miscellanea
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Publications
    • Miscellanea
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    'n Bekroonde nalatenskap : die Fakulteit Natuurwetenskappe van die NWU oor 100 jaar

    Thumbnail
    View/Open
    Bekroonde_nalatenskap.pdf (100.1Mb)
    Date
    2017
    Author
    North-West University (South Africa). Potchefstroom Campus. Faculty of Natural Science
    Van Eeden, Elize S
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    'n Bekroonde Nalatenskap vertel die inspirerende verhaal van die Fakulteit Natuurwetenskappe van die NWU-PU vir CHO oor 'n tydperk van meer as 100 jaar. Die leser kan verwag om te lees hoe roepingsbewuste mense, ongeag dikwels moeilike tye en baie hindernisse, deur toewyding en geesdrif, dit reggekry het om groot wetenskaplike bydraes te lewer, studente vir die lewe toe te rus en daarin geslaag het om 'n trotse Fakulteit met 'n roemryke verlede te bou. Die naspoor van die gebeure wys die groei van 'n eie denktradisie gegrond op tipies natuurwetenskaplike denke, insluitend die vereiste van datagebaseerde gevolgtrekkings en die eksaktheid vanuit die wiskundige wetenskappe. Die Fakulteit was deurgaans navorsinggedrewe. Die ontwikkeling van 'n eie waardestelsel van diensbaarheid, toewyding en die belang van vakfilosofiese denke is besonders sigbaar. Die boek skop af met 'n oorsigtelike hoofstuk oor die geskiedenis van die Fakulteit, en daarna volg dele oor die geskiedenis van elke vak en entiteit – die groot verskeidenheid vakgebiede, elk met eie uniekheid en eie persoonlikhede, maak die weergawe van elk se eie geskiedenis 'n moet. Omdat foto's die geskiedenis verlewendig, is heelwat ruimte daarvoor afgestaan. Benewens huidige en toekomstige personeel en studente van die Fakulteit, is die boek ook gerig op oudpersoneel en veral oudstudente wat, al lesende, iets van hulle studentetyd sal kan herleef. Vriende van die Fakulteit, plaaslik en elders, behoort die boek, die bekroonde onderrigbydraes en navorsingsprestasies in Bekroonde Nalatenskap baie te geniet.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/20995
    Collections
    • Miscellanea [25]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV