Pedagogical guidance for Consumer Studies reflected in the South African Curriculum and Assessment Policy Statement( CAPS): an international benchmarking
Abstract
Pedagogie behels meer as slegs onderrigmetodes (of leermetodes), aangesien dit ook die benadering tot die onderrig of leer van die vak, sowel as die beginsels onderliggend aan die leer van vakinhoud, omvat. Die pedagogie van 'n spesifieke vak behels dus die "hoe" van die leer van daardie vak - met ander woorde, hoe leer gekonstrueer word en gekonstrueer behoort te word. Die voorlopige navorsingsbevindinge aangaande pedagogie, dui op beperkte vakspesifieke pedagogiese leiding in die Suid-Afrikaanse Verbruikerstudiekurrikulum. Die bevindinge in hierdie opsig noodsaak verdere navorsing. Navorsingsresultate aangaande die normstelling van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Verbruikerstudie, tesame met die kurrikula van soortgelyke vakke in Brits-Columbië, Singapoer en Kenia, benadruk dat ingeslote vakspesifieke pedagogiese leiding in kurrikulumdokumente van uiterste belang is, omdat onderwysers se kennis aangaande vakspesifieke pedagogie meer produktiewe leer kan meebring. Hoewel die fokus van hierdie artikel op pedagogie toegespits is, het die navorsing ook die volgende aspekte omvat: die analise van die breedvoerige kurrikulumontwerp; die gebruikersvriendelikheid van die dokumente; inhoud- en vaardigheidsdekking; asook kern ontwerpbeginsels. Die voorlopige bevindinge aangaande die aard van pedagogie, tesame met die normstelling van die KABV vir Verbruikerstudie en die kurrikula van soortgelyke vakke in Brits-Columbië, Singapoer en Kenia, het lig gewerp op die tipe pedagogiese leiding wat in die Suid-Afrikaanse Verbruikerstudiekurrikulum omvat behoort te word.
Collections
- Faculty of Education [759]