Die nuwe bedreiging van samelewingsvryhede: ’n Terugkeer tot Christen-vervolging?
Abstract
Ten spyte van die ruimte wat deur verskillende Aktes van Menseregte vir persoonlike (en
kollektiewe) vryhede geskep is, insluitende persoonlike akademiese vryheid en geloofsvryheid,
het daar gedurende die afgelope paar dekades ontwikkelinge ingetree wat sterk aan totalitêre
tendense herinner wat ook tydens die vroeë geskiedenis van die Christendom na vore getree het.
Hierdie verwikkelinge is besig om opnuut die sinvolle onderskeiding tussen strukturele pluralisme
en ’n pluralisme van oortuigings te ondergrawe. Die wyse waarop die openbare skole in die VSA
immers tans, op die basis van die positivistiese postulaat van “objektief-neutrale” wetenskap, die
Darwinistiese Ortodoksie in biologie-onderrig tot ’n dogma proklameer wat bo enige kritiek verhewe
is, getuig inderdaad van ’n sonderlinge terugkeer tot die lank-agterhaalde vroeg-Middeleeuse era
van Christen-vervolging, beliggaam in ’n vorm van wetenskaplike fascisme waarin akademiese
vryheid, vryheid van spraak, vrye openbare meningsuiting en persoonlike geloofsvryheid op die
altaar geplaas word. Na ’n vlugtige verwysing na die situasie in Nederland sluit die artikel af met
vermelding van positiewe elemente in die nuwe Suid-Afrika van vandag. Tog belig ’n onlangse
ervaring van die outeur van hierdie artikel die deurskemering van iets wat ’n kommerwekkende
ooreenkoms toon met dit wat tans in Amerika in swang is (sien die Aanhangsel).
Collections
- Faculty of Humanities [2042]