Show simple item record

dc.contributor.authorRhebergen, Jente
dc.contributor.authorHuman, Thys
dc.date.accessioned2017-03-01T09:13:33Z
dc.date.available2017-03-01T09:13:33Z
dc.date.issued2015
dc.identifier.citationRhebergen, J. & Human, T. 2015. Darem meer as moffies? Stereotipering in die voorstelling van homoseksueles en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuur. Litnet Akademies, 12(1):33–67. [http://www.litnet.co.za/darem-meer-as-moffies-stereotipering-in-die-voorstelling-van-homoseksueles/]en_US
dc.identifier.issn1995–5928
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/20637
dc.identifier.urihttp://www.litnet.co.za/darem-meer-as-moffies-stereotipering-in-die-voorstelling-van-homoseksueles/
dc.description.abstractIn hierdie artikel word daar op vergelykende wyse aangetoon watter stereotipes in die voorstelling van homoseksuele en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuur onderskei kan word, asook hoe hierdie stereotipes deur middel van kognitief-narratologiese prosesse bydra om heteronormatiwiteit te bevraagteken, óf die bevraagtekening daarvan juis teen te werk. In dié artikel word elf Afrikaanse jeugromans geïdentifiseer waarin gay karakters voorkom, naamlik: Tyd van herkenning (1984) en Klaprose teen die wind (1992) deur Marzanne Leroux-Van der Boon; Barrie Hough se Vlerkdans (1992), Skilpoppe (2000) en Breek (saam met Lizz Meiring 2002); François Bloemhof se Slinger-slinger (1997) en Nie vir kinders nie (2005); Jackie Nagtegaal se Daar's vis in die punch (2002); Marita van der Vyver se Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (2002); Derick van der Walt se Lien se lankstaanskoene (2008); en Uit (2014) deur Fanie Viljoen. In ooreenstemming met internasionale tendense is daar ook in Afrikaanse jeugverhale ’n opvallende verskuiwing van “narratiewe afstand” ten opsigte van gay karakters, asook ’n toenemend kleiner fokus op die sogenaamde nature/nurture-debat. Stereotiepe binêre opposisies tussen hetero en gay karakters, daarenteen, bly sterk aanwesig. Hierdie stereotiepe teenstelling blyk onder meer uit die sterk mate van “verwyfdheid” van gay karakters in die meer onlangse jeugliteratuur, maar ook deurdat die gay karakter gereduseer word tot “lusobjek”. ’n Besonder opvallende tendens is die byna volkome afwesigheid van lesbiërkarakters in die Afrikaanse jeugliteratuur, wat die indruk versterk dat dié tipe literatuur gendergebonde is. Die verhouding tussen homoseksualiteit en Christenskap blyk ook (nog altyd) buitengewoon gekompliseerd te wees binne die Suid-Afrikaanse konteks. Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika die enigste land op die Afrika-kontinent is waarin die regte van homoseksuele deur die Grondwet beskerm word en diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie strafbaar is, huiwer die Algemene Sinode van die NG Kerk om duidelik standpunt in te neem oor hoe welkom gay lidmate is; word lesbiërs in sommige gemeenskappe gemolesteer en selfs doodgemaak, en word daar steeds talle gevalle van xenofobie in die media vermeld. Die gevolgtrekking van hierdie artikel is dat dit op hierdie stadium byna onmoontlik is vir Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse tieners om in hulle eie taal ’n positiewe jeugroman oor homoseksualiteit in die hande te kry waarin heteronormatiwiteit teengewerk of ten minste bevraagteken word.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherLitNeten_US
dc.subjectBarrie Houghen_US
dc.subjectChristenskapen_US
dc.subjectDerick van der Walten_US
dc.subjectFanie Viljoenen_US
dc.subjectFrançois Bloemhofen_US
dc.subjectgayen_US
dc.subjectheteronormatiwiteiten_US
dc.subjecthomoseksualiteiten_US
dc.subjectJackie Nagtegaalen_US
dc.subjectjeugliteratuuren_US
dc.subjectkognitiewe narratologieen_US
dc.subjectMarita van der Vyveren_US
dc.subjectMarzanne Leroux-Van der Boonen_US
dc.subjectmoffieen_US
dc.subjectstereotiperingen_US
dc.titleDarem meer as moffies? Stereotipering in die voorstelling van homoseksueles en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuuren_US
dc.typeArticleen_US
dc.contributor.researchID13269356 - Human, Matthys Philippus


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record