• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Darem meer as moffies? Stereotipering in die voorstelling van homoseksueles en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuur

    Thumbnail
    View/Open
    2015Darem_meer.pdf (194.3Kb)
    Date
    2015
    Author
    Rhebergen, Jente
    Human, Thys
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    In hierdie artikel word daar op vergelykende wyse aangetoon watter stereotipes in die voorstelling van homoseksuele en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuur onderskei kan word, asook hoe hierdie stereotipes deur middel van kognitief-narratologiese prosesse bydra om heteronormatiwiteit te bevraagteken, óf die bevraagtekening daarvan juis teen te werk. In dié artikel word elf Afrikaanse jeugromans geïdentifiseer waarin gay karakters voorkom, naamlik: Tyd van herkenning (1984) en Klaprose teen die wind (1992) deur Marzanne Leroux-Van der Boon; Barrie Hough se Vlerkdans (1992), Skilpoppe (2000) en Breek (saam met Lizz Meiring 2002); François Bloemhof se Slinger-slinger (1997) en Nie vir kinders nie (2005); Jackie Nagtegaal se Daar's vis in die punch (2002); Marita van der Vyver se Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (2002); Derick van der Walt se Lien se lankstaanskoene (2008); en Uit (2014) deur Fanie Viljoen. In ooreenstemming met internasionale tendense is daar ook in Afrikaanse jeugverhale ’n opvallende verskuiwing van “narratiewe afstand” ten opsigte van gay karakters, asook ’n toenemend kleiner fokus op die sogenaamde nature/nurture-debat. Stereotiepe binêre opposisies tussen hetero en gay karakters, daarenteen, bly sterk aanwesig. Hierdie stereotiepe teenstelling blyk onder meer uit die sterk mate van “verwyfdheid” van gay karakters in die meer onlangse jeugliteratuur, maar ook deurdat die gay karakter gereduseer word tot “lusobjek”. ’n Besonder opvallende tendens is die byna volkome afwesigheid van lesbiërkarakters in die Afrikaanse jeugliteratuur, wat die indruk versterk dat dié tipe literatuur gendergebonde is. Die verhouding tussen homoseksualiteit en Christenskap blyk ook (nog altyd) buitengewoon gekompliseerd te wees binne die Suid-Afrikaanse konteks. Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika die enigste land op die Afrika-kontinent is waarin die regte van homoseksuele deur die Grondwet beskerm word en diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie strafbaar is, huiwer die Algemene Sinode van die NG Kerk om duidelik standpunt in te neem oor hoe welkom gay lidmate is; word lesbiërs in sommige gemeenskappe gemolesteer en selfs doodgemaak, en word daar steeds talle gevalle van xenofobie in die media vermeld. Die gevolgtrekking van hierdie artikel is dat dit op hierdie stadium byna onmoontlik is vir Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse tieners om in hulle eie taal ’n positiewe jeugroman oor homoseksualiteit in die hande te kry waarin heteronormatiwiteit teengewerk of ten minste bevraagteken word.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/20637
    http://www.litnet.co.za/darem-meer-as-moffies-stereotipering-in-die-voorstelling-van-homoseksueles/
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV