NWU Institutional Repository

Die “sluipmoordenaar”1 en die “patriot”: Hendrik van den Bergh, John Vorster, John Harris en die Johannesburgse stasiebom, 24 Julie 1964

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LitNet

Abstract

Tydens spitstyd op Vrydagmiddag 24 Julie 1964 het ’n bom by die Johannesburgse stasie ontplof. Een van die beseerdes, ’n bejaarde vrou, is dae later in die hospitaal dood. Die bomplanter, John Harris, is op die dag van die ontploffing gearresteer, voor die einde van 1964 verhoor, skuldig bevind aan moord en ter dood veroordeel. Sy appèl was onsuksesvol en hy is op 1 April 1965 gehang. Bewerings is oor die jare deur verskillende persone gemaak dat Hendrik van den Bergh, wat destyds die hoof van die veiligheidspolisie was, en John Vorster, wat die minister van justisie was, voor die ontploffing van die bom geweet het, maar niks gedoen het om dit te keer nie, en daarom medepligtiges was aan die misdaad waarvoor Harris tereggestel is. In hierdie artikel word historiese kritiek aangewend om te bewys dat die aantygings teen Van den Bergh en Vorster vals is. Die artikel demonstreer dat historici ’n verantwoordelikheid en plig het om die mynveld van historiese onwaarhede wat deur propagandiste vir en teen apartheid agtergelaat is, op te ruim.

Description

Citation

Du Pusani, K. 2015. Die “sluipmoordenaar”1 en die “patriot”: Hendrik van den Bergh, John Vorster, John Harris en die Johannesburgse stasiebom, 24 Julie 1964. Litnet Akademies, 12(2):149-171. [http://journals.co.za.nwulib.nwu.ac.za/content/litnet/12/2/EJC179632]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By