Paul Ricoeur se begrip van transendensie met betrekking tot tyd en narratief
View/ Open
Date
2015Author
Verhoef, Anné Hendrik
Van der Merwe, Willie
Metadata
Show full item recordAbstract
Paul Ricoeur se verstaan van die narratiewe struktuur van menslike “tydlikheid” bevat ’n
dialektiese begrip van die transendensie van tyd, ’n begrip wat meer inhou as die gebruiklike
tweedeligheid van transendensie en immanensie. Hierdie begrip van narratiewe tydlikheid
behels ’n dialektiek tussen (1) narratiwiteit as die voorwaarde vir die vaslegging van die
transendensie van tyd in menslike tydlikheid en (2) die transendensie, of onnaspeurbaarheid,
van tyd as ’n transendentale voorwaarde vir die narratiewe struktuur van menslike tydlikheid.
Met ander woorde: sonder narratief sou dit nie vir ons moontlik gewees het om die
transendensie van tyd om te sit in menslike ervaring nie, maar wederkerig as dit nie was vir die
transendensie van tyd wat ons ervaring deurentyd deurkruis nie, sou ons tydlike bestaan nie ’n
narratiewe struktuur ontwikkel het nie. Op hiérdie manier kom die betekenis van die narratiewe
funksie tot vervulling eers wanneer dit ’n voorwaarde vir tydlike bestaan word. Maar hierdie
“vervulde betekenis” van die narratiewe funksie berus op hierdie spesifieke dialektiek van die
transendensie van tyd. ABSTRACT: Ricoeur’s understanding of the narrative structure of human temporality involves a dialectical
notion of the transcendence of time, a notion beyond customary dichotomies between
transcendence and immanence. For example, Wessel Stoker indicates that transcendence
does not have to be understood only in a simplified opposition to immanence. Stoker (2012:3–
23) identifies four types of transcendence, namely (1) immanent transcendence – where the
absolute (God) and human beings are directly connected and where the absolute is experienced
in and through mundane reality; (2) radical transcendence – where the absolute is the wholly
other and thus sharply distinguished from mundane reality; (3) radical immanence – where
the absolute is no longer sought outside mundane reality; and (4) transcendence as alterity –
which rejects the opposition between transcendence and immanence and therefore the wholly
other can appear in every other.
URI
http://hdl.handle.net/10394/20474http://journals.co.za.nwulib.nwu.ac.za/content/litnet/12/2/EJC179630
Collections
- Faculty of Humanities [2042]