An exploration of social systems as informative for urban regeneration in Potchefstroom Central Business District
Abstract
The future of cities undoubtedly spells change on many levels due to urban growth.
One of the mechanisms used in cities to cope with change is urban regeneration. Urban
regeneration has mainly been addressed through economic and planning policies
geared towards physical renewal, with hardly any understanding or acknowledgment
of the social dynamics underlying the physical process. Social dynamics are important
to consider in urban regeneration, as they form the underlying driving forces of cities.
However, little is known about these underlying forces. The aim of this research is to
explore the role of social systems in the Central Business District of Potchefstroom. An
ethnographical approach is used to guide the methodology, while qualitative methods
(observations and interviews) are used to capture data about the social systems that
are present in the study area, how these social systems interact with one another,
and how they can be included in urban regeneration initiatives. The findings suggest
the existence of three interactive social systems that reflect pro-social behaviour
and cultural relativism which, in turn, create vitality in the study area. Social systems
play a multi-levelled role in the study area. Their role can possibly inform urban
regeneration by being proactive in terms of attracting new and maintaining existing
social relationships; being creative in terms of adapting and changing the physical
environment to address needs, and being supportive in order to unlock internal
resources such as local knowledge, creativity, commitment, energy and ownership Die toekoms van stede voorspel ongetwyfeld veranderings op vele vlakke as gevolg
van verwagte stedelike groei. Een van die meganismes wat aangewend word in stede
ten einde veranderings te kan hanteer, is stedelike regenerasie. Stedelike regenerasie
is in die verlede hoofsaaklik aangespreek deur ekonomiese en beplanningsbeleide wat
gerig was op fisiese hernuwing, met min begrip of inagneming van die sosiale dinamiek
wat die proses onderlê. Sosiale dinamika is belangrik om te oorweeg in stedelike
regenerasie omrede dit die onderliggende dryfkrag van stede is. Min kennis is egter
beskikbaar aangaande hierdie onderliggende kragte. Die doel van hierdie navorsing
is om ondersoek in te stel na die rol van sosiale sisteme in die Sentrale Sakekern van
Potchefstroom. ‘n Etnografiese benadering is gebruik om die metodiek te rig, terwyl
kwalitatiewe metodes (waarnemings en onderhoude) gebruik is om data te versamel
aangaande die sosiale sisteme wat teenwoordig is in die studiegebied, die aard van die
interaksie tussen hierdie sosiale sisteme en hoe die sisteme in stedelike regenerasie
ingesluit kan word. Die bevindinge dui op die teenwoordigheid van drie interafhanklike
sosiale sisteme wat pro-sosiale gedrag en kulturele relativisme reflekteer wat vitaliteit
in die stedelike ruimte meebring. Sosiale sisteme speel ‘n veelvlakkige rol in die
studiegebied. Dit kan stedelike regenerasie moontlik rig in terme van die pro-aktiewe rol
in die lok van nuwe sosiale interaksie en die behoud van bestaande sosiale interaksie,
die kreatiewe rol in die aanpassing en verandering van die fisiese omgewing ten einde
behoeftes aan te spreek en ‘n ondersteunende rol ten einde hulpbronne soos plaaslike
kennis, kreatiwiteit, verbondenheid, energie en eienaarskap te ontsluit