• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Health Sciences
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Health Sciences
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Clarifying the interpersonal component of psychological well-being

    Thumbnail
    View/Open
    nel_lynette.pdf (772.1Kb)
    Date
    2003
    Author
    Nel, Lynette
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die doel van hierdie ondersoek was om die interpersoonlike komponent van psigologiese welsyn te verhelder. Vanuit die literatuur is dit duidelik dat psigologiese welsyn 'n interpersoonlike komponent bevat, maar ook dat dit op verskillende wyses gekonseptualiseer word. Die aard van interpersoonlike welsyn is dus nog nie duidelik nie, en dit is ook nie duidelik in watter mate indikatore van interpersoonlike welsyn oorvleuel met indikatore van algemene psigologiese welsyn nie. In 'n empiriese ondersoek het 'n multi-kulturele beskikbaarheidsteekproef van 384 persone, 8 rneetinstrumente of hul sub-skale voltooi ter meting van algemene psigologiese welsyn en konstrukte wat interpersoonlike welsyn verteenwoordig. Interpersoonlike welsyn is geoperasiodi met behulp van die BarOn Emotional Quotient Inventory (EQ-i) van Bar-ON (1997), die Fortitude Questionnaire (FORQ) van Pretorius (1998), die Revised NEO Personality Inventory (NEO-PI-R) van Costa & Mc Crae (1992) en die Attachmeat Style Questionnaire (AS) van Feeney, Noller & Hanrahan (1994). Psigologiese welsyn is geoperasionaliseer vanuit 'n fortigene persperktief met die Sense of Coherence Scale (SOC) van Antonovsky (1989), die Satisfaction with Life Scale (SWLS) van Diener, Emmons, Larsen en Griffen (1985), en die Affectometer 2 (AFM) van Kammann en Flett (1983), sowel as vanuit 'n patogene perspektief, met behulp van die General Health Questionnaire (GHQ) van Goldberg en Hillier (1979). Goeie betroubaarheidsindekse is vir alle skale en subskale gevind. Gemiddeldes van alle skale en subskale was vergelykbaar met die wat in die literatuur gerapporteer is vir ander soortgelyke groepe. Die resultate toon dat interpersoonlike welsyn in 'n mate oorvleuel met algemene psigologiese welsyn, maar as dit ook 'n afsonderlike komponent of dimensie van van psigologiese welsyn vorm. Bevindings toon ook twee onderskeibare patrone van interpersoonlike welsyn. Die eerste een word primer uitgedruk in die uitreiking na ander, omgee-gedrag, 'n houding van nederigheid in nabye verhoudings asook verantwoordelikheid teenoor ander in die groter sosiale konteks. Die tweede patroon word gekenmerk deur 'n geniet van sosiale interaksie en 'n houding van gemak en assertiwiteit in nabye sowel as wyer sosiale kontekst Hierdie onderskeid hou moontlik verband met persoonlikheidsverskille soos inskiklikheid versus ekstraversie. Implikasies van die bevindinge vir psigoterapie en lewensvaardigheidsontwikkeling word aangedui.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/181
    Collections
    • Health Sciences [2073]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV