• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • Vir die Musiekleier
    • Vir die Musiekleier: 2015 Jaargang 35
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • Vir die Musiekleier
    • Vir die Musiekleier: 2015 Jaargang 35
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    "All things bright and beautiful" – children singing the apostolic creed

    Thumbnail
    View/Open
    VdM_35(2015)2_Kruger_D.pdf (478.5Kb)
    Date
    2015
    Author
    Kruger, Daleen
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die kerk het oor die eeue heen van liedere gebruikgemaak om teologiese waarhede oor te dra aan volgelinge. Hierdie proses het ook plaasgevind in die godsdienstige onderrig van kinders. Kinderkerkliedere raak veral in die 19de eeu in Brittanje toenemend toegespits op kinders se vermoëns om teologiese begrippe en Bybelse kennis te kan verwerk. In hierdie artikel word die oordrag van kennis van die apostoliese geloofsbelydenis, soos dit voorkom in drie liedere uit CF Alexander se Hymns for Children (1848), ondersoek. Daar word geargumenteer dat Alexander se benadering verskil van dié van vorige kinderliedere deurdat dit nie net konsentreer op oordrag van kennis (in hierdie geval die geloofsbelydenis) nie, maar ook aanspraak maak op die spirituele belewenis van die kind. Spiritualiteit word verstaan as ’n besondere vlak van bewustheid van die werklikheid en oomblikke van verwondering, opgewondenheid en verbeelding soos uiteengesit deur die Nye en Hay. Die gevolgtrekking is dat die digter deur gebruik van eenvoudige taal en beelde wat aan die kind bekend is, aansluiting vind by die kind se verwysingsraamwerk en spirituele vermoëns. Dit dra daartoe by dat oordrag van teologiese kennis in die Hymns for little childen plaasvind deurdat die belewenis en ervaring van die betrokke aanhalings uit die geloofsbelydenis geïntensiveer word. Terselfdertyd gee dit aan die kind die geleentheid om sy/ haar spiritualiteit uit te leef deurdat ’n besondere bewustheid van die werklikheid, soos verwoord in die lied, aangemoedig word en aspekte van spiritualiteit soos verwondering en verbeelding beleef en ontwikkel word.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/16809
    http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/16025
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]
    • Vir die Musiekleier: 2015 Jaargang 35 [14]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV