• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die taak van akademiese geletterdheid/hede binne die konteks van 'n markgedrewe universiteit

    Thumbnail
    View/Open
    Spil Plus-2013-42-Meihuizen.pdf (207.8Kb)
    Date
    2013
    Author
    Meihuizen, Elsa
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die vestiging van Akademiese Geletterdheid by tersiêre instansies in Suid-Afrika het gegroei uit die besef dat ’n goedontwikkelde akademiese taalvermoë essensieel is vir akademiese prestasie. Gepubliseerde literatuur getuig van die belangrike verskuiwings wat oor die afgelope aantal dekades plaasgevind het in sowel die konsepsie as praktiese toepassing van intervensies vir die vestiging en/of ontwikkeling van hierdie essensiële vermoëns by ons studente. Hierdie tipe verskuiwings getuig van ’n gesonde dinamiek en is noodsaaklike groeipyne by ’n ontluikende akademiese dissipline. Hierdie referaat handel oor een van die veranderlikes wat verreken moet word in die vraag na die taak van Akademiese Geletterdheid, naamlik dié van kontemporêre verskuiwings in die aard van die universiteit as instansie. Daar word aangevoer dat die mees grondliggende van hierdie verskuiwings saamhang met ’n globale tendens wat neerkom op die algemene uitbreiding van ’n besigheids- of markgerigtheid as vertrekpunt en maatstaf vir alle areas van die sosiale lewe, insluitende openbare instansies soos universiteite. So ’n markgerigtheid gaan in die hedendaagse korporatiewe universiteit ook hand aan hand met toenemende burokratisering met ’n aandrang op die monitering, optekening, evaluering en verrekening van akademiese aktiwiteite as “uitsette”. Ten einde ons eie ervaring van die institusionele karakter van die hedendaagse universiteit in perspektief te stel, word daar gekyk na aspekte van die geskiedkundige ontwikkeling van die universiteit as instansie en na ouer sowel as meer onlangse sienings van kritici in die breër internasionale arena. Die ontwikkeling van ’n kritiese bewussyn van hierdie tipe verskuiwings en die sosiale kragte wat dit onderlê en van die vermoë om ’n eie standpunt hieroor te verwoord word gesien as deel van die taak van Akademiese Geletterdheid, of eerder “Akademiese Geletterdhede” soos gekonsipieer in die werk van teoretici soos Brian Street en die New London Group. Ek wil ’n saak daarvoor uitmaak dat hierdie vakgebied die potensiaal én verantwoordelikheid het om ’n sentrale rol te speel binne die “nuwe” universiteit om ons studente voor te berei vir die “nuwe” wêreld waarheen ons hulle op weg moet help
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/16642
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV