Show simple item record

dc.contributor.advisorDu Toit, D.
dc.contributor.advisorPienaar, A.E.
dc.contributor.authorVan Niekerk, Lizl-Louise
dc.date.accessioned2016-01-06T08:04:16Z
dc.date.available2016-01-06T08:04:16Z
dc.date.issued2015
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/15712
dc.descriptionPhD (Movement Education), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015en_US
dc.description.abstractFundamentele bewegingsvaardighede is die onderbou of basis waarop al die vereiste vaardighede en aktiwiteite in die kurrikulum vir Senior Fase Liggaamlike Opvoeding van die Kurrikulum en assesseringsbeleidsverklaring (KABV), gebou is. Dit word verder in die literatuur beklemtoon dat die kwalitiet waarmee leerders 'n fundamentele bewegingsvaardigheid uitvoer, net so belangrik is soos die kwantitatiewe uitkoms van die uitvoering. Liggaamlike Opvoedingonderwysers behoort dus bewus te wees van beide die kwalitatiewe en kwantitatiewe vlakke van leerders se fundamentele bewegingsvaardighede in die lig van die vereiste ontwikkeling en inoefening van gespesialiseerde bewegings- en sportvaardighede in die Liggaamlike Opvoedingprogram. Fundamentele bewegingsvaardighede speel verder 'n integrale rol in 'n leerder se algehele motoriese behendigheid. Die Liggaamlike Opvoeding-onderwyser moet voorts bewus wees van geslags- en etniese verskille in fundamentele bewegingsvaardighede en motoriese behendigheid ten einde effektief in die Liggaamlike Opvoedingprogram te differensieer en by verskillende leerders se vermoëns aan te pas. Verder, aangesien dit die primêre doelstelling van Liggaamlike Opvoeding in die KABV is om leerders te bemagtig om fisiek aktief te wees, is die verwantskap tussen fundamentele bewegingsvaardighede, motoriese behendigheid en fisieke aktiwiteitsvlakke nog 'n aspek wat van belang is vir die Liggaamlike Opvoeding-onderwyser in die samestelling van die Liggaamlike Opvoedingprogram. Laastens toon navorsing 'n verwantskap tussen motoriese behendigheid en akademiese prestasie. Die doel van hierdie studie was eerstens om die kwantitatiewe en kwalitatiewe stand van fundamentele bewegingsvaardighede by Senior Fase leerders in die Potchefstroom-omgewing te bepaal. Die tweede doelstelling was om die verskille tussen geslagte en etniese groepe ten opsigte van motoriese behendigheid te bepaal. Die derde doelstelling was om die verband tussen motoriese behendigheid en fisieke aktiwiteit te bepaal, en laastens om die verband tussen motoriese behendigheid en akademiese prestasie te bepaal. ʼn Totaal van 239 Senior Fase leerders (98 seuns en 141 dogters), tussen die ouderdomme 13 en 14 jaar het aan die studie deelgeneem. Kwantitatiewe metodologie, met 'n eenmalige dwarssnit-ontwerp, is vir die doeleindes van die studie gebruik. Die proefpersone se fundamentele bewegingsvaardighede en motoriese behendigheid is bepaal met behulp van die verkorte weergawe van die Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency 2 (BOT-2) (Bruininks & Bruininks, 2005), 'n kwantitatiewe toetsbattery wat bestaan uit vier komponente, naamlik fynmotoriese kontrole, manipulasie koördinasie, liggaamskoördinasie en krag-en-ratsheid. Vir die kwalitatiewe bewegingsanalise is van die Fundamentele Bewegingspatroonassesseringsinstrument (FMPAI) (Gallahue & Donnelly, 2003) gebruik gemaak. Vir die meting van fisieke aktiwiteitsvlakke is gebruik gemaak van die gestandaardiseerde International Physical Activity Questionnaire (IPAQ) (Sjöström, 2005). Hierdie vraelys vra die deelnemer om fisieke aktiwiteite van die laaste sewe dae, en ook van 'n normale week oor die algemeen, gemeet in totale METS (metabolic equivalent – intensiteit van oefening), te rapporteer. Die leerders se akademiese prestasie is gemeet deur gebruik te maak van die gemiddelde akademiese punt (gemiddeld van al die vakke – Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëring, Geskiedenis, Geografie, Natuur-Wetenskap, Tegnologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Skeppende Kunste), op die leerder se rapport aan die einde van die jaar, asook die gemiddelde punte vir die twee vakke Engels en Wiskunde, soos op die rapport aan die einde van die jaar aangedui. Beskrywende statistiek is gebruik om gemiddeldes ( x ), minimum- en maksimumwaardes, en standaardafwykings (sa) met behulp van die Statistica vir Windows rekenaarprogram (StatSoft, 2012) te bereken. Verbande tussen die kwantitatiewe en kwalitatiewe resultate, tussen die motoriese behendigheidtoetse en die fisieke aktiwiteitsvlakke, asook tussen motoriese behendigheidstoetse en akademiese prestasie is ontleed met behulp van Spearman korrelasiekoëffisiënte. Om die praktiese betekenisvolheid van die verbande te bepaal is die korrelasiekoëffisiënt as effekgrootte (EG) gebruik. Ten einde die betekenisvolheid van geslagsen etniese verskille te bepaal, is die data verder geanaliseer deur gebruik te maak van onafhanklike t-toetse (p<0.05) en vir die doel van die interpretasie van praktiese betekenisvolheid van die verskille is effekgroottes (EG) bereken. Uit die resultate van die studie blyk dit dat daar in die kwantitatiewe evaluasie, veral by die wisselspronge, lynloop en eenbeenstand, agterstande by 20 tot 35% van die leerders was. Met betrekking tot die kwalitatiewe uitvoering van die vaardighede was die eenbeenstand by 22.6 tot 24.5% van die leerders nog nie in die volwasse stadium van bemeestering van fundamentele bewegingsvaardighede nie. Die kwantitatiewe en kwalitatiewe tellings het verder by die bonsen- vang- en die dribbel-van-die-bal toetse nie gekorreleer nie, wat daarop dui dat leerders soms kwantitatief, maar nie noodwendig kwalitatief, aan die norme voldoen het nie. Met betrekking tot verskille tussen geslagte en etniese groepe, toon die resultate dat die meisies oor die algemeen beter as die seuns gevaar het, en die Wit leerders beter gevaar het as die Swart leerders in die fynmotoriese koördinasietoetse. Met betrekking tot liggaamskoördinasie het die Wit leerders betekenisvol beter as die Swart leerders in die wisselsprongtoets gevaar. Betekenisvolle verskille is verder met betrekking tot die krag- en ratsheidkomponent gevind, waar die Wit leerders beter as die Swart leerders in die eenbeenspring-item gevaar het, terwyl onderskeidelik seuns en Wit groepe beter resultate as die meisies en die Swart groepe in die opsit- en opstoottoetse getoon het, asook met betrekking tot die totale motoriese behendigheidstelling (totale BOT-2 telling). Wat die fisieke aktiwiteitsvlakke van die proefpersone betref, toon die totale groep ʼn gemiddelde waarde van 489.68 METS per week, wat as matig-aktief geklassifiseer kon word, terwyl die seuns as hoog-aktief en die meisies as matig-aktief beskou kan word. Daar is ook statisties betekenisvolle korrelasies tussen die fisieke aktiwiteitsvlakke en verskeie motoriese vaardighede gevind, sowel as die totale BOT-2 telling by die totale groep en die seuns en meisies afsonderlik. Die motoriese sub-item waar die sterkste korrelasie met fisieke aktiwiteitvlakke in die totale groep asook by seuns en meisies afsonderlik gevind is, was die liggaamskoördinasie-item van die wisselspronge. Laastens toon die resultate met betrekking tot die verband tussen motoriese behendigheid en akademiese prestasie, betekenisvolle korrelasies tussen die verskillende groepe (seuns, meisies en totale groep) se Engelse, Wiskunde en jaargemiddeld en verskeie sub-items van al die komponente van die BOT-2, naamlik fyn-motoriese kontrole, manipulasie koördinasie, liggaamskoördinasie, krag en ratsheid, asook die totale motoriese behendigheidtelling, alhoewel hoofsaaklik met klein praktiese effekte. Die sterkste korrelasie is by al die groepe tussen die jaargemiddeld, asook die Engels en Wiskunde in 'n mindere mate, met krag en ratsheid, gevind. Die totale motoriese behendigheidstelling het verder betekenisvol gekorreleer met die jaargemiddeld by al die groepe, met praktiese betekenisvolheid van medium effek. Die resultate van hierdie studie beklemtoon die noodsaaklikheid van die bewustheid van en assessering van die kwantitatiewe en kwalitatiewe stand van leerders se fundamentele bewegingsvaardighede deur die Liggaamlike Opvoeding-onderwyser. Die ontwikkeling en instandhouding van fundamentele bewegingsvaardighede behoort dus in die kurrikulum vir Senior Fase Liggaamlike Opvoeding ingesluit te word, ook met die oog op optimale motoriese behendigheidsontwikkeling. Die Liggaamlike Opvoeding-onderwyser behoort verder die Liggaamlike Opvoedingprogram aan te pas by die motoriese behendigheidsvlakke van die verskillende geslagte en etniese groepe in die klas, met spesifieke aandag aan die liggaamskoördinasievaardighede van Swart meisies en Swart seuns, asook krag- en ratsheidvaardighede by meisies en Swart leerders. Die verwantskappe wat gevind is tussen fisieke aktiwiteitsvlakke en motoriese behendigheid beklemtoon voorts die waarde van motoriese vaardigheidsontwikkeling in die Liggaamlike Opvoedingklas ten einde die kurrikulum vir Liggaamlike Opvoeding se doelwit om leerders te bemagtig om fisiek aktief te wees, te bereik. Laastens toon die verwantskappe wat gevind is tussen motoriese behendigheid en akademiese prestasie dat die ontwikkeling en instandhouding van motoriese vaardighede in die Liggaamlike Opvoedingprogram in Senior Fase-leerders se kognitiewe ontwikkeling en akademiese prestasie 'n rol kan speel.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.subjectSenior Faseen_US
dc.subjectFundamentele bewegingsvaardighedeen_US
dc.subjectMotoriese behendigheiden_US
dc.subjectGeslagsverskilleen_US
dc.subjectEtnisiteiten_US
dc.subjectFisieke aktiwiteiten_US
dc.subjectAkademiese prestasieen_US
dc.subjectSenior Phase
dc.subjectFundamental movement skills
dc.subjectMotor proficiency
dc.subjectGender differences
dc.subjectEthnicity
dc.subjectPhysical activity
dc.subjectAcademic performance
dc.titleFundamentele bewegingsvaardighede, motoriese behendigheid en verwantskappe met fisieke aktiwiteit en akademiese prestasie van senior fase leerders : die PAHL-studieen
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record