Show simple item record

dc.contributor.advisorViljoen, H.M.
dc.contributor.authorVan Graan, Mariëtte
dc.date.accessioned2016-01-04T12:04:02Z
dc.date.available2016-01-04T12:04:02Z
dc.date.issued2015
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/15687
dc.descriptionPhD (Afrikaans and Dutch), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015en_US
dc.description.abstractHierdie studie stel ondersoek in na die voorkoms en funksie van spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden, een van Afrikaanse letterkunde se mees bekroonde skrywers. Die doel van hierdie studie is om vas te stel watter funksies die spookkarakters in onderskeidelik Toorberg (1986), Die Stoetmeester (1993) en Die swye van Mario Salviati (2000) vervul, en ook of die spookkarakters in hierdie romans ʼn groter funksie buiten dié in hul onderskeie tekste vervul wat nuwe lig kan werp op Etienne van Heerden se hantering van identiteit (ʼn tema wat deurlopend in sy oeuvre na vore kom). Die ondersoek word hoofsaaklik aan die hand van teks- en romananalise gedoen. Die spookkarakters in die betrokke romans word geklassifiseer aan die hand van teorie uit die paranormale wetenskap. Alhoewel die spookkarakters en die tersaaklike romans nie genregebonde gelees word nie, word teorie uit karakterstudies, identiteitstudies, spookstories, die Gotiese, die magiese realisme, die postkolonialisme, die historiese roman en liminaliteitsteorie in die bespreking betrek. Dit word geargumenteer dat die spookkarakters in Toorberg die prototipiese, manlike Afrikaneridentiteit vergestalt en dit deur middel van uitsluiting (eksklusiwiteit) in stand hou; dat die spookkarakter in Die Stoetmeester ʼn liminale figuur in ʼn liminale historiese tydperk vergestalt, en derhalwe ʼn liminale weergawe van Afrikaneridentiteit uitbeeld; en dat die spookkarakters in Die swye van Mario Salviati ʼn meer inklusiewe (Suid-)Afrikaanse identiteit uitbeeld deur identiteite in die Suid-Afrikaanse verlede wat voorheen misken is, in spesifieke spookkarakters te vergestalt. Deur die individuele spookkarakters as verteenwoordigend van groepsidentiteite te lees binne die bepaalde historiese konteks waarin die romans afspeel en gepubliseer is, word daar ten slotte aangevoer dat die spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden ʼn evolusie van Afrikaner- na Suid-Afrikaanse identiteit uitbeeld.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.subjectSpokeen_US
dc.subjectSpookkaraktersen_US
dc.subjectSpokeryen_US
dc.subjectIdentiteiten_US
dc.subjectEtienne van Heerdenen_US
dc.subjectToorbergen_US
dc.subjectDie Stoetmeesteren_US
dc.subjectDie swye van Mario Salviatien_US
dc.subjectSpookstoriesen_US
dc.subjectGotiesen_US
dc.subjectPostkolonialismeen_US
dc.subjectHistoriese romanen_US
dc.subjectMagiese realismeen_US
dc.subjectLiminaliteiten_US
dc.subjectGhosts
dc.subjectGhost characters
dc.subjectHaunting
dc.subjectIdentity
dc.subjectAncestral Voices
dc.subjectLeap Year
dc.subjectThe long silence of Mario Salviati
dc.subjectGhost stories
dc.subjectGothic
dc.subjectPostcolonialism
dc.subjectHistorical novel
dc.subjectMagic realism
dc.subjectLiminality
dc.titleDie grens tussen lewe en dood : 'n studie van spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerdenafr
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.contributor.researchID10058931 - Viljoen, Hendrik Marthinus (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record