• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die grens tussen lewe en dood : 'n studie van spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden

    Thumbnail
    View/Open
    Van_Graan_M_2015.pdf (4.342Mb)
    Date
    2015
    Author
    Van Graan, Mariëtte
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie studie stel ondersoek in na die voorkoms en funksie van spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden, een van Afrikaanse letterkunde se mees bekroonde skrywers. Die doel van hierdie studie is om vas te stel watter funksies die spookkarakters in onderskeidelik Toorberg (1986), Die Stoetmeester (1993) en Die swye van Mario Salviati (2000) vervul, en ook of die spookkarakters in hierdie romans ʼn groter funksie buiten dié in hul onderskeie tekste vervul wat nuwe lig kan werp op Etienne van Heerden se hantering van identiteit (ʼn tema wat deurlopend in sy oeuvre na vore kom). Die ondersoek word hoofsaaklik aan die hand van teks- en romananalise gedoen. Die spookkarakters in die betrokke romans word geklassifiseer aan die hand van teorie uit die paranormale wetenskap. Alhoewel die spookkarakters en die tersaaklike romans nie genregebonde gelees word nie, word teorie uit karakterstudies, identiteitstudies, spookstories, die Gotiese, die magiese realisme, die postkolonialisme, die historiese roman en liminaliteitsteorie in die bespreking betrek. Dit word geargumenteer dat die spookkarakters in Toorberg die prototipiese, manlike Afrikaneridentiteit vergestalt en dit deur middel van uitsluiting (eksklusiwiteit) in stand hou; dat die spookkarakter in Die Stoetmeester ʼn liminale figuur in ʼn liminale historiese tydperk vergestalt, en derhalwe ʼn liminale weergawe van Afrikaneridentiteit uitbeeld; en dat die spookkarakters in Die swye van Mario Salviati ʼn meer inklusiewe (Suid-)Afrikaanse identiteit uitbeeld deur identiteite in die Suid-Afrikaanse verlede wat voorheen misken is, in spesifieke spookkarakters te vergestalt. Deur die individuele spookkarakters as verteenwoordigend van groepsidentiteite te lees binne die bepaalde historiese konteks waarin die romans afspeel en gepubliseer is, word daar ten slotte aangevoer dat die spookkarakters in die roman-oeuvre van Etienne van Heerden ʼn evolusie van Afrikaner- na Suid-Afrikaanse identiteit uitbeeld.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/15687
    Collections
    • Humanities [2697]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV