• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Potensiële vrywilligers se persepsie van die foto's op Médecins sans Frontières se webtuiste

    Thumbnail
    View/Open
    Olivier_J.pdf (1.308Mb)
    Date
    2014
    Author
    Olivier, Judette
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Nuwe kommunikasie- en inligtingstegnologie vorm ’n individu se persepsies en hoe hulle ’n spesifieke organisasie sien. MSF Suid-Afrika se webtuiste (met spesifieke verwysing na die foto’s wat gebruik word op die webtuiste) is een van die kommunikasie- en inligtingstegnologieë wat ’n invloed sal hê op die persepsies van die organisasie se belangegroepe. MSF moet krities dink oor die foto’s wat hulle op hulle webtuiste plaas, aangesien dit moontlik die kommunikasie tussen die vrywilligers en die organisasie, sowel as die persepsies van vrywilligers, kan beïnvloed. Dit is van belang vir MSF om deur die foto’s wat hulle op MSF Suid-Afrika se webtuiste plaas die publiek in te lig oor die omstandighede van die populasie waarbinne die veldwerkers werk. Persepsies rig denke en besluite – problematiese uitdagings kan ontstaan indien hierdie persepsies in kontras staan met die persepsies wat MSF graag wil vorm met die gebruik van foto’s op hulle webtuiste. Die studie fokus vervolgens op die persepsies van potensiële vrywilligers van MSF, met spesifieke fokus op die foto’s gebruik op MSF Suid-Afrika se webtuiste. Die algemene doelstelling van hierdie studie is om vanuit ’n organisasiemediabestuursperspektief te bepaal watter rol foto’s op MSF Suid-Afrika se webtuiste speel in die persepsievorming tydens kommunikasie met potensiële vrywilligers as belangegroep. Die hoof bevindinge van die studie toon dat foto’s ’n rol speel om betekenis by te dra tot kommunikasie met belangegroepe, en dat die impak van die foto’s op MSF se webtuiste ’n rol speel in potensiële vrywilligers se persepsievorming. MSF kan meer fokus op die rol wat foto’s in die kommunikatiewe proses speel. Potensiële vrywilligers het verder aangetoon dat hulle meer persoonlike aandag vanaf MSF wil hê. Daar is ook gevind dat dit van belang is dat MSF se webtuiste visueel aanloklik moet wees en dat die foto’s wat op die webtuiste gebruik word akkuraat en geloofwaardig moet wees. MSF se sukses kan verbeter as hulle meer aandag aan potensiële vrywilligers gee. Respondente het verskillende voorstelle gemaak vir hoe MSF meer vrywilligers kan werf. Die studie dra by tot die belangegroepbestuur tussen MSF Suid- Afrika en hulle potensiële vrywilligers. Dit bied aan MSF Suid-Afrika geleentheid om beter te verstaan wat ’n steekproef van potensiële vrywilligers tans dink van die gebruik van foto’s op hulle webtuiste.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/15488
    Collections
    • Humanities [2696]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV