• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Gedeelde ervaringe van orkeslede in die Con Amoré–orkes : ? fenomenologiese benadering

    Thumbnail
    View/Open
    Human_L.pdf (1.826Mb)
    Date
    2015
    Author
    Human, Leonora
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie transendentale fenomenologiese studie beskryf die betekenis wat die Con Amoré-orkeslede uit hul gedeelde ervaringe put. Die orkes is gevestig by Hoërskool Drie Riviere in Vereeniging en bestaan uit een-en-dertig graad ses tot twaalf leerders woonagtig in die Vaaldriehoek. Die filosofiese wêreldbeskouing van hierdie skripsie is interpretivisties en die doel daarvan is om die gedeelde ervaringe van die orkeslede te beskryf, te verstaan en te interpreteer. Daar is ‟n deeglike literatuurstudie gedoen om die agtergrond van die studie te skets. Dit is ‟n kwalitatiewe studie waardeur data versamel is deur oop-einde onderhoude met die orkeslede te voer. Daarna is die getranskribreede onderhoude deur die navorser op die rekenaarprogram ATLAS.ti 7 ingevoer. Deur die aanhalings uit die onderhoude te kodeer en die kodes te kategoriseer het die volgende ses temas na vore gekom, naamlik omgee, betekenisvolheid, persoonlike ontwikkeling asook ontwikkeling van vaardighede, negatiewe ervaringe, dissipline en genot. Die implikasie van die studie is dat dirigente, orkesbestuurders en onderwysers wat jeugorkeste en ensembles afrig kan baat vind by die navorsing en dat dit kan bydra tot die sukses van die groep. My aanbevelings vir verdere studie is dat ‟n soortgelyke fenomenologiese studie gedoen kan word van die ervaringe van orkeslede in professionele orkeste, die ervaringe van musiekonderwysers wat musiek as vak vir grade tien tot twaalf aanbied, asook die ervaringe van leerders wat musiek as een van hul vakke neem.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/15292
    Collections
    • Humanities [2696]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV