Vaalrivier die broederstroom, of, Die uiteinde van generaal C.F. Beyers / deur S.P.E. Boshoff ; met portrette, plate en prente, ens.

View/ Open
Date
1916Author
Boshoff, S. P. E. (Stephanus Petrus Erasmus), 1891-1973.
Metadata
Show full item recordAbstract
'n Woord van verduideliking ten opsigte van die een en ander in die werkie, wat ek hiermee in alle beskeidenheid die leser aanbied, sal hier seker verskoonbaar wees. Om deur lesers en beoordelaars reg verstaan te word, wil ek die bedoeling van hierdie werkie duidelik formuleer. Die Inhoud.-Mij eerste bedoeling met hierdie werkie is om vir die toekomstige historikus van ons Vaderlandse Geskiedenis enkele historiese feite uit die eerste hand en so objektief moontlik te boekstaaf. 'n Dilitante-liefhebberij is dit dus nie, ook nie 'n stokperdjie nie, wat vir een of ander bedoeling berij word, en nog minder 'n bodemlose geteoretiseer. Daarom sal dit seker nie ongepas wees nie om hier korteliks mee te deel hoe die werkie ontstaan is. Die gebeurtenisse, wat hier vermeld word, en wat in verband staan met die laaste ag dae van Genl. C. F. Beyers se lewe, het ek persoonlik saam met hom deurgeleef en deurgeworstel. Daarom is ook die hele verhaal in die eerste persoonsvorm meegedeel. In verband met die hier behandelde gebeurtenisse het ek in die veld 'n dagboek gehou, wat ek later in die gevangenis te Kimberley en daarna weer te Bloemfontein aangevul het deur mij medegevangene, wat die vermelde gebeurtenisse saam met mij deurgemaak het, te ondervra, en deur mij dagboek verder te vergelijk met 'n dergelike memoir, wat op dieselfde manier gehou was deur mij vriend, Mnr. F. J. le Roux, B.A., die Frank van mij verhaal.
Collections
- Other Africana [60]