• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Economic and Management Sciences
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Economic and Management Sciences
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Project portfolio management's contribution to effective strategy execution

    Thumbnail
    View/Open
    ferreira_ignatiusw.pdf (3.251Mb)
    Date
    2006
    Author
    Ferreira, Ignatius Wilhelm
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    In die studie is die komponente van 'n effektiewe projek portefeulje-bestuur proses ondersoek ten einde eerstens, te verstaan wat projek portefeulje-bestuur behels en tweedens, hoe effektief dit in Suid-Afrikaanse maatskappye aangewend word in die bestuur van Informasie Tegnologie projekte. Dit was duidelik uit die literatuurstudie dat daar sekere onderliggende komponente is wat, as deel van 'n groter geheel, die projek portefeulje-bestuur metodologie daarstel. Gedurende die studie is die volgende beginsels en komponente ondersoek: •Die moderne portefeulje-bestuur beginsels wat in finansiële bestuur geld en waarop die projek portfolio-bestuur benadering gegrond is; •Die verskeie komponente van projek portefeulje-bestuur; •Die Vermoë Volwasse Model oftewel die sogenaamde "Capability Maturity Model" (CMM) is gebruik om te verstaan of die organisasie wel in staat daartoe is om projek portefeulje-bestuur effektief toe te pas; en •Laastens, of die organisasie se projek portefeulje-bestuur metodologie ondersteunend tot die organisasie se strategie uitvoering bydra. Die ondersoek is voorafgegaan deur ‘n omvattende literatuurstudie wat fokus op die kenmerke van projek portefeulje-bestuur, die omvang van die verskillende projekbestuur Vermoë Volwasse Modelle en laastens, die gebeurlikheidstrategie modelle soos die Gebalanseerde Telkaart oftewel die sogenaamde "Balanced Scorecard" wat oor die laaste dekade ontwikkel is, alhoewel dit nog nie oral geïmplementeer is nie. 'n Empiriese studie is uitgevoer om die omvang van die gebruik van projek portefeulje-bestuur in Suid-Afrikaanse maatskappye te bepaal asook hoe effektief dit aangewend word. Die terugvoer wat verkry is, is aan die hand van die voorskrifte van die projek portefeulje-bestuur bate praktyk, die Vermoë Volwasse Model asook die gebeurlikheid strategie bestuurstoepassing, ontleed. Ten einde te verstaan tot watter mate die plaaslike tendense geldig is, is vergelykings gedoen met die resultate van internasionale ondersoeke. Hierdie internasionale ondersoeke is gedurende die laaste paar jaar gedoen ten einde die effektiwiteit van projek en program bestuur in ondernemings te bepaal. Die resultate daarvan kan as insette gebruik word ten einde maatskappye se interne projek portefeulje-bestuur praktyke beduidend te verbeter. Uit die studie is bevind dat projek portefeulje-bestuur, soos in Suid-Afrika toegepas, tans nie effektief tot strategie uitvoering bydra nie. Ten einde die volle omvang van die projek portefeulje-bestuur toepassing in die Suid-Afrikaanse konteks te verstaan behoort 'n omvangryke studie, soortgelyk aan die internasionale studies, geloods te word. Die resultate van sa 'n studie sal waarskynlik beter korreleer as wat in hierdie studie die geval was.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/1463
    Collections
    • Economic and Management Sciences [4593]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV