’n Nuwe groot trek-mite: herverbeelding van identiteit in die pad na skuilhoek deur Hans du Plessis
Abstract
A new myth regarding the Great Trek: Reinvention of identity in Die pad na skuilhoek [The
path to Skuilhoek] by Hans du Plessis. This article aims to illustrate how Hans du Plessis, in
his novel Die pad na Skuilhoek [The path to Skuilhoek] (a place of shelter), subverts the way in
which history had been presented in historical novels in the past by addressing social issues
that contemporary readers find relevant. The first part of the article deals with the social codes
that shape the identities of the main characters and how these identities are relevant in terms
of the social framework within which the novel is received. In the second place the focus will
shift towards Du Plessis’s representation of cultural and national identities. The question:
‘Who were the Afrikaners at the time of the Great Trek?’ will be answered with reference to
these identities. In conclusion it will be pointed out how Du Plessis avoids dated practices of
historical interpretation by choosing ecocrticism as the ideological framework for his novel
and is, in this way, constructing a new social myth about the Great Trek. OPSOMING: In hierdie artikel sal aangetoon word hoe Hans du Plessis in sy roman Die pad na skuilhoek die
idee van die geskiedenis as ’n feitelik agterhaalbare reeks gebeure in die verlede ondermyn
en dit weer bruikbaar en relevant maak vir die hede deur klem te lê op maatskaplike kwessies
wat vir hedendaagse lesers relevant is. Eerstens sal gefokus word op die verpersoonlikte
maatskaplike kodes waarvolgens die hoofkarakters se gedrag en identiteit gevorm word
en hoe dié identiteit tersaaklik is vir die maatskaplike opset waarbinne die roman ontvang
word. Tweedens sal die kwessie van kulturele en nasionale identiteit belig word soos dit in
die roman vergestalt word. Aan die hand van dié insigte sal gepoog word om die vraag te
beantwoord wie of wat die Afrikaner ten tye van die Groot Trek was. Ten slotte sal aangetoon
word hoe Du Plessis gedateerde praktyke van geskiedkundige interpretasie en fiksionele
representasie vermy deur die keuse om die ekokritiek as ideologiese raamwerk vir sy roman
te neem. Sodoende word ’n nuwe maatskaplike mite oor die Groot Trek gevestig.
Collections
- Faculty of Humanities [2042]