Raak- en verskilpunte tussen gedigte en liedtekste
Abstract
Similarities and dissimilarities between poems and song lyrics. Developments around
the Afrikaans ‘songs for listening’ in the late 1970s and early 1980s, when the term gained
prominence in the art of song, initiated a ‘rapprochement’ between the Afrikaans poetry and
song systems which put the differentiating characteristics of poems and song lyrics, previously
considered to be clearly distinguishable, in question. The consequent need for reflection on the
existence, or not, of fundamental differences between the two text types inspired the research
for this article (a critical study of relevant local and international sources; an application of
findings to examples of Afrikaans songs and poetry). Firstly, emphasis is placed on the shared
history and the continued relationship between the two genres. The difference in intended
mediums of presentation – oral performance versus print edition – is identified as the most
fundamental distinction between song texts and poetry. The prominent utilisation of visualfigurative
prosodic elements in poetry, that is, next to the rythmic-sonic elements which it has
in common with song texts, was subsequently found to be a decisive distinction, particularly
since the era of high modernism with its treasure of free verse. This entails a development
corresponding to what mediologist Debray described as a cultural shift from the logospheric
to the graphospheric era. Finally, mention is made of how the dynamic growth of the electronic
media in the current videospheric era yielded new problematical distinctions between lyrics
and poetry. The scope of this article, however, does not allow further investigation regarding
the latter. OPSOMING: Die ontwikkeling van die Afrikaanse luisterliedjie in die laat 1970’s en vroeë 1980’s, toe dié
woord in die liedkuns op die voorgrond getree het, het ’n ‘toenadering’ tussen die Afrikaanse
poësie- en liedsisteme aan die gang gesit wat die afgelope dekade daarop uitgeloop het dat
die wyse waarop voorheen duidelik tussen gedigte en liedtekste onderskei is, bevraagteken
geraak het. Die gevolglike noodsaak vir besinning oor die bestaan, al dan nie, van wesenlike
verskille tussen die twee tekssoorte het die navorsing vir hierdie artikel geïnspireer (die kritiese
bestudering van relevante plaaslike en internasionale bronne; die toepassing van bevindinge
op voorbeelde in die Afrikaanse lied- en digkuns). Eers is klem geplaas op die gedeelde
geskiedenis en die bestaande verwantskappe tussen die twee genres. Die bestemde mediums
van presentasie – mondelinge uitvoering teenoor uitgawe in druk – is as die mees wesenlike
onderskeid tussen lied- en poësietekste geïdentifiseer. As deurslaggewend onderskeidende
konsekwensie hiervan tree die benutting van visuele en beeldende prosodiese elemente in die
digkuns, veral sedert die modernistiese era met sy vryeversrykdom, op die voorgrond; dit wil
sê naas die ritmiese en klankmatige aspekte wat dit met die liedtekskuns gemeen het. Daar
word aangetoon dat dit ’n verdere ontwikkeling behels wat saamhang met wat die medioloog
Debray bestempel het as ’n kulturele verskuiwing van die logosferiese na die grafosferiese
era. Ten slotte word gewys op die feit dat die snelle opkoms van die elektroniese media in die
videosferiese era nuwe problematiek vir die onderskeid tussen die liedteks- en poësiegenres
meebring – maar wat nie in hierdie artikel ondersoek kan word nie.
Collections
- Faculty of Humanities [2042]