Sosiale beskerming van migrante werkers in Suid-Afrika
Abstract
Intra-regionale migrasie in suidelike Afrika is besig om 'n drastiese verandering te
ondergaan. Hierdie verandering kan grootliks toegeskryf word aan die politieke
en ekonomiese transformasie van post-apartheid Suid-Afrika. Afdankings in Suid-Afrika se mynindustrie veroorsaak huidiglik grootskaalse verplasing van migrante mynwerkers vanaf buurstate soos Lesotho, Mosambiek en Swaziland. Terselfdetyd veroorsaak die opheffing van handelssanksies wat afgedwing was op Suid-Afrika tydens die apartheidsjare, 'n skerp vermeerdering in die invloei van migrante wat werk soek in ander industrië. In 2004 is daar 760 "onwettige immigrante" wat omskryf is as persone wat na Suid-Afrika gekom het om permanente verblyf in te neem gerapporteer. Meer as 15 600 "vreemdelinge" wat woonagtig was in ander lande en onwettiglik na Suid-Afrika beweeg het is gerapporteer. Hierdie veranderings kan nie anders as om aan migrasie groter
geldigheid as politieke kwessie te gee nie.
Collections
- Law [834]